Good Morning Angels: Single, struggling mom gets the biggest surprise!

Good Morning Angels: Single, struggling mom gets the biggest surprise!

 "A birthday party for my two boys please. As a mom I will swallow my pride and ask”.

GMA Emotional single mother
GMA Emotional single mother/Supplied

BACKGROUND: There are more single parent households these days, than dual parent households. In most cases, it’s up to the moms to assume the main parental responsibilities and also the cost attached to bringing up children. We hear about custody cases, family courts and outstanding maintenance, but despite of all of these, life goes on and the single parents have to make due. 

 

One of these single moms, Letitia bore her soul in a letter to Good Morning Angels. She tells about doing a job, overtime and doing clothing and handbag sales for commission as well as having sold everything of value to make sure her beautiful children have what they need. She tells about feel inadequate as a mother and provider, but determined not to let her boys down. After months of saving for their birthdays at the end of March, again she had to use the savings for household emergencies - the final straw …. and that’s when Letitia reached out to Good Morning Angels.

REQUEST FROM/FOR Letitia and her two sons, André and Leonard 

 

ANGEL: Wynand Jansen van Vuuren on behalf of King Price

 

SPONSORING: King Price will throw a birthday bash with presents for each of the boys at their pre-school: "Paw Patrol  theme for Leonard turning 3 and “Pirates” for André turning 5! King Price will also cover the boys' combined school fees of R3 400,00/month for the rest of the year, sponsor each boy with an extra-mural activity of their choice and send the family away for a long weekend for some overdue holiday fun!

ORIGINAL REQUEST:

 

Goeie dag,

 

Ek skryf vandag vir julle vir myself, wel eintlik vir my twee klein mensies.

Ek het die twee mooiste, blondste, oulikste twee seuntjies (ek heg foto aan vir Cuteness!!). André word 5 die 26ste Maart en Leonard word 3 die 30ste Maart. My kinders is deur ‘n nie so lekker tydjie, Mamma en Pappa is geskei. André moes ‘n spelterapeut vir byna 2 jaar sien om hom te help om dinge te verwerk. Nou is dinge rustiger in ons lewens. My seuntjie borrel weer.

As enkel Mamma voel dit vir my partykeer asof ek die wêreld op my skouers dra. Ek lê nagte wakker en wonder oor hoe gaan ek met my klein salaris als betaal. Wat gaan ek aan die einde van die maand vir die wolwe sê? Waar gaan ek geld kry om hierdie maand my medies te betaal? Of my kar te diens? Of wintersklere koop, want die twee monstertjies groei teen ‘n finominale spoed!!! Jy begin in jou kop ‘n lys maak van goed wat jy nog kan verkoop in jou huis om vir dinge te betaal, jy deel jou eiendom op tussen “Must Have” en “Nice to Have”. Jy lê en twyfel in jouself as mens, as Mamma. Jy wonder of is jy genoeg. Mens wonder of jy die regte vorm van dissipline toepas, mens wonder of jou kinders albei voel hulle is belangrik en dat een nie in sy hartjie afgeskeep voel nie. Mens lê en bekommer wat gaan jy maak as iemand vanaand moet inbreek, waarheen hardloop julle en hoe beskerm jy vrou alleen jou kinders. Mens wonder hoe gaan jy genoeg tyd het om kos te maak, skoon te maak, kinders te bad en Bybel lees en ook nog genoeg tyd hê om jouself te bad. Mens wonder hoe leer jy jou kind hoe om ‘n rugby bal te gooi of ‘n krieket bal te slaan as jy self nie mooi seker is nie, en dat jou kinders geen manlike invloed in hulle lewens het nie. Mens wonder of as jy iets moet oorkom, waarheen gaan jou kinders. Jy lê en skuldig voel oor jou kinders sonder ‘n Pappa moet grootword oor die keuses wat hulle Pappa gemaak het in die lewe, dat hulle hom minder as Oom Sipho (Hulle gunsteling Petrol Joggie) sien. Mens voel hulpeloos, want waar kry jy hulp? Jy moet maar net swem, want jy het nie ‘n keuse nie. 

Al vir 2 jaar sukkel ek elke maand om my budget te laat werk, elke maand maak ek maar ‘n plan en sorg ek dat dinge gebeur. Ek is moeg, ek is regtig sielsmoeg, maar ek het nie ‘n keuse nie, ek het hierdie twee mooi mensies om voor te sorg, vir wie ek moet wys dat alles ok is en dat hulle veilig is, fisies en emosioneel. Ek staan sterk en onderdruk alles, want eers as hulle gaan slaap kan ek myself in die badkamer toemaak en my goed uithuil, dan môre sien mens weer kans vir die lewe en al sy teespoed. Mense besef nie aldag wat dit beteken om ‘n enkel ouer te wees nie, om alles alleen te moet doen en alleen al die verantwoordelikhede te moet dra nie. Ek werk voldag, ek vat werk huistoe wat ek dan doen as my kinders slaap sodat ek oortyd kan kry. Ek verkoop klere en handsakke ens oor Facebook vir kommissie om te help. Ek sit nie terug en verwag iemand moet vir ons sorg nie, ek werk baie, baie hard om vir ons te kan sorg. Maar steeds is dit nie genoeg nie. Kinders is duur, kinders word siek, kinders groei en klere skeur, kinders kort vrugte en groente en vitamines en die lys gaan net aan. Ek sorg dat ek kos in my huis het vir my kinders, al moet ek iets verkoop, my kinders SAL eet. Daar is nooit ekstra geld vir vakansies of sulke dinge nie, maar ons het wat ons nodig het, en ek is trots op myself daarvoor, want ek gee werklik my bes!

Vir maande lank het ek geldjies weggesit vir hulle verjaarsdae, maar die kar se bande en toe André se tande en en en, dit hou net nie op nie. En vandag het ek gehoor Pappa het sy werk bedank so ja, nog ‘n maand geen hulp. Ja, dit is net ‘n partytjie, maar vir ‘n 3 jarige en ‘n 5 jarige is dit veel meer as dit. Dit is hulle dag, hulle word spesiaal laat voel deur die juffrou en die maatjies want dit is hulle dag. Hulle kan reeds nie meer deelneem aan dinge soos die ander maatjies nie, bv swem, rugby, krieket, want Mamma kan dit doodeenvoudig net nie bekostig nie. Ek KAN nie ‘n verjaarsdag partyjie ook nog van my kinders ontneem nie.

Daarom vra ek vandag vir hulp, ek wil asb vir my kinders elkeen ‘n klas partytjie hou vir hulle verjaarsdag. Glad nie iets buitensporig nie, net ‘n daggie van bederf. Asb, is daar nie iemand wat ons kan bystaan nie? Dit was die moeilikste ding vandag om te doen om my trots in my sak te steek en te erken ek kort hulp, as dit vir myself was sou ek nie durf vra nie, maar dit is vir my kinders, en watse Ma sal ek wees as ek nie probeer nie.

Hoop regtig om van julle te hoor.

Groete,

Letitia 

Show's Stories