KYK: 'Hartklop'-aktrise Simoné Pretorius deel geslag van nuwe baba

KYK: 'Hartklop'-aktrise Simoné Pretorius deel geslag van nuwe baba

Die 'Hartlkop'-aktrise Simoné Pretorius het Dinsdag die geslag van haar nuwe baba gedeel. 

Simone en Andries
Instagram/ Screenshot

Suid-Afrikaanse aktrise Simoné Pretorius en haar man Andries Pretorius is swanger met hulle tweede baba.

Pretorius het Sondag die opwindende nuus op haar sosiale media onthul deur 'n pragtige gesinsfoto te deel.

KYK: Kurt Darren, Juanita du Plessis en Brendan Peyper sing legendariese-treffer

In die prentjiemooi familiefoto staan die aktrise, haar man Andries en hulle eersteling, Harper, met sonar-foto's van die nuwe baba. 

Al drie, mamma, pappa en Harper (2), lyk pragtig in die buitelug-foto, voor 'n wit laken, saam 'n bos blomme om die goeie nuus te vier.

Die aktrise het nog opwindende nuus gedeel toe sy Dinsdag die geslag van hulle nuwe baba gedeel het. 

In 'n plasing op Instagram het Pretorius aangekondig dat sy 'n babseun verwag.

Pretorius het ook meer gedeel oor haar miskraam wat sy in November 2022 gehad het en wat dit vir haar beteken dat sy nou 'n seun verwag. 

"Iemand by die kerk het vir my die woord gegee dat God vir my 'n seun sal gee vir die pyn," vertel die aktrise.

Sy het eers nie geweet waarna die "pyn" verwys nie, maar daardie selfde dag het haar miskraam begin. 

Die 'Binnelanders'-aktrise het toe verder vertel dat die 19de Julie 2023, die dag was wat hulle tweede baba gebore sou word, maar dit is ook die dag wat sy en haar man uitgevind het dat hulle 'n seun verwag. 

In Mei 2021 het Simoné en haar man Andries 'n babadogtertjie ryker geword toe hulle eersteling, Harper, gebore is.

KYK: Afrikaanse juffrou se unieke leerstyl laat die internet gons

Die paartjie verwag dat hulle tweede kleinding in Januarie 2024 hier sal wees, soos aangedui in die aktrise se Instagram-plasing. 

"Reënboog-baba laai. ETA Jan ’24," het sy geskryf.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories