KYK: 'Hartklop'-aktrise Simoné Pretorius deel opwindende nuus

KYK: 'Hartklop'-aktrise Simoné Pretorius deel opwindende nuus

Die 'Hartlkop'-aktrise Simoné Pretorius het Sondag groot nuus op sosiale media gedeel.

Simone Nortmann
Instagram/ Simon Pretorius

Suid-Afrikaanse aktrise Simoné Pretorius en haar man Andries Pretorius is swanger met hulle tweede baba.

Pretorius het Sondag die opwindende nuus op haar sosiale media onthul deur 'n pragtige gesinsfoto te deel.

KYK: Kurt Darren, Juanita du Plessis en Brendan Peyper sing legendariese-treffer

In die prentjiemooi familiefoto staan die aktrise, haar man Andries en hulle eersteling, Harper, met sonar-foto's van die nuwe baba. 

Al drie, mamma, pappa en Harper (2), lyk pragtig in die buitelug-foto, voor 'n wit laken, saam 'n bos blomme om die goeie nuus te vier.

In Mei 2021 het Simoné en haar man Andries 'n babadogtertjie ryker geword toe hulle eersteling, Harper, gebore is.

KYK: Afrikaanse juffrou se unieke leerstyl laat die internet gons

Die paartjie verwag dat hulle tweede kleinding in Januarie 2024 hier sal wees, soos aangedui in die aktrise se Instagram-plasing. 

"Reënboog-baba laai. ETA Jan ’24," het sy geskryf.

Meer hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories