Janie Bay en Hunter Kennedy stel nuwe enkelsnit vry
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Janie Bay en Hunter Kennedy se verandering is goed in hulle tweede samewerking 'Ons Verander'.
Janie Bay, bekend vir liedjies soos 'Sterre Brand' saam Jan Bloukaas, 'Amper Daar' en 'Ek Glo Nog In Jou' en Hunter Kennedy (lid en legendariese skrywer van Die Heuwels Fantasties en Fokofpolisiekar) span weer kragte saam met hul tweede enkelsnit 'Ons Verander'.
KYK: Jan Bloukaas wil nog een album maak
"Ek het vir Hunter díe liedjie gestuur met melodie en akkoorde, sonder lirieke en ook vir hom gevra of hy dalk saam my die liedjie wil skryf en saam met my die liedjie vrystel, en hy het ja gesê," se Bay.
Volgens Hunter is "veranderinge 'n konstante".
"Tog baklei ons as mense altyd daarteen. Ek dink met die liedjie verwelkom ons verandering. Verandering vir die beter."
Janie en Hunter het amper presies 7 jaar gelede, in 2017, hul treffer 'Wag Vir Jou' vrygestel.
KYK: Elandré sing sy weergawe van die bekende 'Achy Breaky Heart'
'Ons Verander' is op Vrydag 27 September vrygestel.
Kyk hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Verskaf
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Fancy decorating your beard with Christmas baubles?
This takes the 'festive feeling' to a new height of jolly...
The Workzone with Alex Jay an hour ago -
The things people resorted to during the heatwave
We gotta do what we gotta do when the weather turns the heat up...
The Workzone with Alex Jay an hour ago