KYK: Brendan Peyper kies droommeisie op 'Op My Eish!'

KYK: Brendan Peyper kies droommeisie op 'Op My Eish!'

En die gelukkige meisie is…

BRENDAN PEYPER SUNSET
Instagram/ Skermgreep

Op 11 Januarie 2024 het 16 dames hulle avonturr op die bekende kykNET-reeks 'Op My Eish!' begin om te sien watter een van hulle die bekende sanger Brendan Peyper se hart kan steel.

In die groep was daar 'n wye verskeidenheid van modelle, haarstiliste en studente tot 'n eiendomsagent en onderwyseres.

Na vele emosionele oomblikke en die gewig om elke een van die hoopvolle meisies huis toe te stuur was daar uiteindelik net drie dames oor.

Gelukkig was die 'Toer Om Die Vloer'- sanger se wingman, Jo Black, aan sy sy om hom te help met die moeilike keuses.

Peyper het uiteindelike sy finale keuse op die tweede laaste episode van die reeks, wat Donderdag 4 April uitgesaai het, gemaak.

En die gelukkige meisie is… Janae.

"Ek voel ek het deur die 'Op My Eish!'-reis aansienlik gegroei en dele van myself ontdek. Dit was nie net ’n reis om liefde te vind nie, maar ook ’n reis waar ek introspeksie gedoen het en my verhouding met die Here versterk het. Dinge het partykeer onseker gevoel en daarom was dit vir my belangrik om te bly glo aan Jesus se plan," sê Janae.

BRENDAN EN JANAE SOEN
Verskaf/ kykNET

Volgens Maroela Media, het Peyper by die einste Phesant Hill-venue, waar hy die eerste keer die dames ontmoet het, vir Janae gekies nadat hy eers vir Rachelle en Katja moes totsiens sê.

Brendan sê dat hy nooit dié ervaring sal vergeet nie. "Ek het amazing mense tydens verfilming ontmoet en is opgewonde om te sien wat nog voorlê. My EP (kort-album) Omdat jy mag, word op 5 April 2024 vrygestel, en ek kan nie wag om te hoor wat almal daarvan dink nie.”

Die bekende sanger se nuwe kort-album is nou beskikbaar, sowel as sy nuwe treffer Madelein.

Brendan Peyper het uiteindelik een van die 16 dames gekies, maar daar is nog brandende vrae, sommer baie. In 'n spesiale Op My Eish!-reünie-episode op 11 April 2024, net op kykNET, kan kykers uitvind wat in die vyf maande sedert die verfilming van die laaste episode gebeur het. 

Brendan se wingman, Jo Black, sal weer aan die stuur van sake wees en vir die dames die geleentheid gee om te praat oor alles wat hulle nog op die hart het.

Die top-12 en twee wildcards is almal by die reünie, maar Christine kon ongelukkig nie die geleentheid bywoon nie.

In dié episode sal kykers uitvind hoe dit met Brendan en Janae gaan en watter van die ander dames intussen liefde gevind het. En dan is daar ook vroue wat hulle kant van die storie kom vertel.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories