KYK: Oud-Springbok word weer pa op 74

KYK: Oud-Springbok word weer pa op 74

Dit is die voormalige Springbok-speler se eersteling saam sy meisie Ro-Andria Sylvester.

ERROL TOBIAS OUD BOK
YouTube/ Skermgreep

2024 was 'n groot jaar vir voormalige and huidige Springbok-spelers na talle van die sportsterre aangekondig het dat hulle baba's verwag.

Die nuutste speler om díe goeie nuus te deel is die legendariese oud-Springbok Errol Tobias.

Volgens Kuier, het die Bok-legende reeds drie volwasse seuns en twee dogters en nou verwag hy en sy meisie Ro-Andria Sylvester, 30, hulle eersteling.

Kyk hier

ERROL TOBIAS EN MEISIE
YouTube/ Skermgreep

Alhoewel die paar meer as 40 jaar verskil, blom die liefde steeds en oor 'n maand of twee van nou af sal hulle uiteindelik hulle eersteling kan vashou.

LEES: Sanger Eloff se ma in trane na groot verrassing

Nie net was 74-jarige 'n uitmuntende speler nie, maar hy het ook in 1981 geskiedenis gemaak as die eerste Bruin speler om in 'n Springbok-toetswedstryd te speel.

Tobias het die nasionale-span verteenwoordig terwyl apartheid steeds wet was in die land.

Meer hier: 

Errol George Tobias is op 18 Maart 1950 in Caledon gebore, in die Wes-Kaap gebore. 

Hy het in die vroeë 1970's vir die Proteas, 'n span van nie-wittes wat die Suid-Afrikaanse Rugbyfederasie verteenwoordig het in wedstryde teen ander lande, gespeel toe hulle in Brittanje getoer het. 

In 1981 is Tobias gekies om vir die Springbokke te speel. 

Tobias het twee posisies, senter en losskakel, gespeel gedurende sy loopbaan met die Springbokke.

LEES: '7de Laan'-akteur te sien in Hollywood-fliek 'Planet of the Apes'

Sy 15 wedstryde vir die span het ses Toetswedstryde ingesluit: twee teen Engeland, Ierland en Suid-Amerika elk.

Die Springbokke het al ses wedstryde gewen.

Tobias het in 1984 afgetree nadat hy in totaal 22 punte behaal het. Na sy aftrede het Tobias as 'n televisie-aanbieder vir rugbywedstryde gewerk.

Bronne:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories