KYK: 'Toks en Tjops'-aanbieder deel pragtige troufoto's

KYK: 'Toks en Tjops'-aanbieder deel pragtige troufoto's

Rika Nieuwoudt en haar man Christian Calitz het onlangs in 'n pragtige woudtroue naby Dullstroom in Mpumalanga getrou.

RIKA EN HAAR MAN
Instagram/ Skermgreep

Suid-Afrikaanse aktrise en aanbieder, Rika Nieuwoudt, en haar man Christian Calitz het onlangs hulle droom troue by The Silver Sixpence, naby Dullstroom in Mpumalanga gevier. 

Volgens Huisgenoot het Calitz, 31, op 14 April 2023 vir Rika, 33, gevra om the trou in Dullstroom en 'n jaar later het die paartjie se troue op 13 April plaasgevind. 

LEES: Bekende 'Generations' en '7de Laan'-akteur sterf

Die 'Toks en Tjops'-aanbieder het onlangs pragtige foto's van hulle spesiale dag op sosiale media gedeel.

"Hier is so klein bietjie foto's van die heel beste dag van ons lewe, by die mooiste venue. Ons harte is vol," skryf die pasgetroude aanbieder. 

Kyk hier:

Volgens Huisgenoot was die troue, met 124 gaste, se kleurskema en tema "herfskleure met 'n boho-gevoel." 

Die pragtige foto's van die paartjie se woudtroue lyk presies soos iets uit 'n sprokiesverhaal. 

Op haar plasing spog die bruid met 'n duifsatyn, ivoorkleurige rok deur Timeless Bridal Couture met 'n moderne voorkoms.

KYK: Oud-Springbok word weer pa op 74 

"Dit is 'n eenvoudige trourok wat die meeste maak van minimalisme met 'n treffende silhoeët en ongelooflike besonderhede," verduidelik sy. 

Haar man, Christian, het 'n donkergroen driestuk pak gedra met 'n enkele oranje orgidee in die knoopsgat.

Die paartjie het ook foto's van hulle wittebrood in Bali gedeel.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories