SA musikante hou fondsinsamelings-konsert vir rapper Angie Oeh

SA musikante hou fondsinsamelings-konsert vir rapper Angie Oeh

Die Suid-Afrikaanse musikant het in 'n sosiale media-plasing bevestig dat sy met fase vier longkanker gediagnoseer is.

Angie Oeh Kanker
Instagram/ Screenshot

Die 24-jarige rapper, Angelique Greef, beter bekend as, Angie Oeh van Maandag die hartverskeurende nuus bevestig dat sy met longkanker gediagnoseer is.

Greef het openlik haar skok oor die diagnose gedeel en vertel hoe die kanker haar reeds fisies affekteer.

LEES: 'Ek is bang' - SA musikant deel fase vier longkanker diagnose

"Hoe def*k gebeur so iets so vinnig sonder dat jy weet of dit voel…

"Nou is ek so siek ek moet iemand vra om vir my 'n water bottle aan te gee wat reg langs my staan," het sy geskryf.

Behalwe vir die geweldige emosionele en fisise spanning wat dit veroorsaak vertel die rapper ook oor die finansiële druk wat dit op haar sit. 

"Ek't nie die emotional gemoed of die geld om die te doen nie… as enige iemand my kan help met iets wat R200,000 gaan kos asb, help my." 

KYK: Sanger Juan Boucher verklap geslag van nuwe baba

As gevolg van die dringendheid van die situasie het talle Suid-Afrikaanse musikante ingespan om 'n fondsinsamelings-konsert vir Greef te hou. 

Angie Oek fondsinsameling
Supplied

Kunstenaars soos Loufi, Karlien van Jaarsveld, Van Pletzen en Jacaranda FM se eie Martin Bester sal Woensdag 30 Augustus by Railways Café in Irene optree.

Kry jou kaartjies hier

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Skermgreep/ Instagram

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories