Nuwe Afrikaanse reeks op JacPod sal jou hare laat rys

Nuwe Afrikaanse reeks op JacPod sal jou hare laat rys

As jy hou van ware misdaad verhale, het Jacaranda FM se JacPod net die reeks vir jou om na te luister, in Afrikaans.

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe 4x3
JacPod

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe loods op 16 Augustus 2022, en vertel die verhale agter van Suid-Afrika se mees berugte en donkerste misdaad intriges soos wat jy dit nog nooit gehoor het nie.

Die oorspronklike reeks van ses episodes is gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks en bevat meer navorsing, onthullings en inligting wat jou hart vinniger sal laat klop.

JacarandaFM se Gerda de Sousa bied die eksklusiewe Afrikaanse reeks aan oor opgeloste en onopgeloste misdade wat Suid-Afrika geskok het. 

Podcaster Nicole Engelbrecht
Potgooier Nicole Engelbrecht (Foto: True Crime South Africa)

Picture Above: Nicole Engelbrecht      

Picture Below: Gerda de Sousa        

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

Die eerste episode handel oor die Lotter gesinsmoorde.

Dis die storie wat op 19 Julie 2008 die land getref het, toe Mathew Naidoo die polisie in Westville, Durban, ingelig het dat sy meisie se ouers in hulle huis in Thames Straat vermoor is. 

Johnny & Riekie Lotter
Netwerk24

Picture Above: Johnny and Riekie Lotter         
Picture Below: Mathew Naidoo        

Mathew Naidoo
TimesLive

Riekie en Johnnie Lotter het vir verskeie maande doods dreigemente gekry en dit het gelyk of dié onheilspellende voorspellings nou waar geword het.

Maar toe lede van die Durbanse Georganiseerde Misdaad Eenheid die bewyse begin vergelyk met die storie van die Lotter kinders, Hardus en Nicolette, het dit duidelik geword daar skuil meer agter di moorde.

Binne ure na die twee gru moorde, het die ondersoek span ‘n baie vreemde verhaal begin ontrafel van beheer, okulte gedrag en leuens wat als gelei het tot die hoogste vorm van familie verraad. 

Nicole Engelbrecht het ook Dinsdag op Breakfast with Martin Bester meer vertel oor True Crime South Africa. Engelbrecht het ook meer gedeel oor van Suid-Afrika se mees grusame ware misdaad verhale. 

Show's Stories