Ontmoet die tien boere van 'Boer Soek 'n Vrou' 2024

Ontmoet die tien boere van 'Boer Soek 'n Vrou' 2024

Die aftel na die sestiende seisoen van een van Suid-Afrika se gewildste werklikheidsreekse het afgeskop met kykNET se onthulling van 2024 se tien boere vir 'Boer Soek 'n Vrou'. 

Marciel Hopkins Boer Soek 'n Vrou seisoen 16
Verskaf

Vanjaar se oes van deelnemers se ouderdomme wissel tussen 23 en 40, en die boere verteenwoordig sewe provinsies. Daar is ook twee vroue-boere, Sanel (39) van Dwaalboom en Lulani (40) van Philippolis, onder die top-tien.

Diegene wat vir een van die top-tien boere 'n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of 'n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 30 November ingedien word.

LEES: Só werk nuwe kykNET-realiteitsreeks 'Die Brug'

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek www.kyknet.tv
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Stuur 'n e-pos na [email protected]

Digitale inskrywings, wat ook deur 'n video vergesel kan word, is welkom. Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse:

  • Boer soek 'n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129 
  • Boer soek 'n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.


Marciel Hopkins gaan vir 'n vierde keer 'Boer Soek 'n Vrou' aanbied, en die reeks sal van Julie 2024 op kykNET uitgesaai word.

Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg en oudergewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het. 

Onmoet die tien boere hier:

André, 31 (Vroulike pasmaat) 

Vee-wild-en-pekanneutboer 

Modimolle (Nylstroom), Limpopo 

Andre Boer Soek 'n Vrou
Verskaf

Daandré, 26 (Vroulike pasmaat) 

Groente-boer

Brits, Noordwes 

Daandre boer soek 'n vrou
Verskaf

Hendri, 31 (Vroulike pasmaat) 

Bees-skaap-en-olyfboer 

Dewetsdorp, Vrystaat 

Hendri Boer Soek 'n Vrou
Verskaf

Jacques, 26 (Vroulike pasmaat) 

Skaap-en-beesboer

Venterstad, Oos-Kaap 

Jaques Boer Soek 'n Vrou
Verskaf

Janco, 37 (Vroulike pasmaat) 

Bees-skaap-en-wildboer 

Colesberg, Noord-Kaap 

Janco Boer Soek 'n Vrou
Verskaf

JW, 23 (Vroulike pasmaat) 

Appel-peer-en-skaapboer 

Villiersdorp, Wes-Kaap 

JW Boer Soek 'n Vrou
Verskaf

Lulani, 40 (Vroulike pasmaat) 

Bees-en-skaapboer 

Philippolis, Vrystaat 

Lulani Boer Soek 'n Vrou
Verskaf

Niel, 30 (Vroulike pasmaat) 

Saai-en-veeboer 

Dannhauser, KwaZulu-Natal 

Niel Boer Soek 'n Vrou
Verskaf

Quintus, 38 (Vroulike pasmaat) 

Vee-en-saaiboer

Winburg, Vrystaat 

Quintis Boer Soek 'n Vrou
Verskaf

Sanel, 39 (Manlike pasmaat) 

Boerdery: Wild & bees 

Dwaalboom, Limpopo 

Sanel Boer Soek 'n Vrou
Verskaf

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Verskaf

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories