Oorsaak van 'Boer Soek 'n Vrou'-deelnemer se dood bevestig

Oorsaak van 'Boer Soek 'n Vrou'-deelnemer se dood bevestig

Die geliefde 'Boer Soek 'n Vrou'-deelnemer se dood is Dinsdag bevestig.

IGNUS FERREIRA
Facebook/ Skermgreep

Ignus Ferreira het in 2015 bekendheid verwerf toe aan die Afrikaanse maatsoekprogram, 'Boer Soek 'n Vrou' se agtste seisoen deelgeneem het.  

Ferreira was een van die bekendste boere in sy seisoen aangesien hy die een was wat die meeste briewe ontvang het uit al die boere.

KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss deel geslag van baba

Die hartseer nuus van die veeboer se aftsterwe is Dinsdag op die amptelike 'Boer Soek 'n Vrou' Facebook-blad gedeel.

"Ons innige medelye gaan uit na Ignus Ferreira se geliefdes in hierdie moeilike tyd."

Volgens Netwerk24, is die 36-jarige boer van Delareyville, Sondagoggend aan 'n hartaanval oorlede.

Ferreira was glo Saterdagaand by 'n partytjie saam met vriende in Potchefstroom.

"Hulle het Sondagoggend nog koffie gedrink, gesels en gelag. Terwyl hulle daarna begin het om ontbyt te berei, het Ignus gesê hy wil weer ’n bietjie gaan lê," het Ignus se suster, Cornél aan Netwerk24 gesê.

"'n Rukkie later het sy vriende geroep: 'Ferreira, wanneer kom jy?' Hy het nie geantwoord nie. Hulle is na sy kamer. Hulle het aan hom geraak en geskud, maar kon hom nie wakker kry nie."

KYK: Nóg 'n Bokbaba is op pad

Cornél het ook aan Maroela Media gesê dat haar broer 'n "gewilde man" was "wat diep spore getrap het in baie mense se harte."

IGNUS FERREIRA FACEBOOK
Facebook/ Skermgreep

"My boetie is in die hemel; hy het Sondagoggend omstreeks 08:45 sy vlerke gekry."

"Hy het klaargemaak op aarde, God het hom nodig gehad."

Netwerk24 berig dat Ferreira se begrafnis Saterdag om 10:00 by die NG kerk in Delareyville sal plaasvind.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories