Rassie Erasmus deel foto's van brandwonde na fratsongeluk

Rassie Erasmus deel foto's van brandwonde na fratsongeluk

Rassie Erasmus, die nasionale direkteur van rugby, is besig om te herstel na ‘n fratsonegluk hom met brandwonde gelos het.

Springboks Rassie Erasmus
PHILL MAGAKOE / AFP

*WAARSKUWING: Nie geskik vir sensitiewe kykers. 

Rassie Erasmus het Sondagoggend foto's van sy brandwonde, wat hy na 'n fratsongeluk opgedoen het, op sosiale media gedeel.

KYK: Maroon 5 se Adam Levine praat Afrikaans

Dit blyk of Erasmus wel goed vaar, aangesien hy "amper gesond" op die plasing geskryf het. 

KYK: 

Volgens Jacaranda FM, was die nasionale direkteur van rugby opgeneem na hy chemiese brandwonde opgedoen.

Rapport het berig dat Erasmus 'n verstopte afvoerpyp probeer skoon maak het toe van die "kragtige skoonmaakmiddel" op hom beland het.

Erasmus is gehospitaliseer en het behandeling ontvang vir sy brandwonde. 

KYK: Tannie van Middelburg spog met unieke danspassies by petrolstasie

Op die foto's lyk dit of Eramsus op sy bene en bolyf brandwonde opgedoen het. Hy het gelukkig nie op sy gesig gebrand nie.

Volgens Netwerk24, is die sportster Vrydag uit die hospitaal ontslaan.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: TikTok/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories