Só werk nuwe kykNET-realiteitsreeks 'Die Brug'

Só werk nuwe kykNET-realiteitsreeks 'Die Brug'

kykNET se nuutse realiteitsreeks 'Die Brug' begin Donderdag 26 Oktober om 20:00.

Die Brug
Verskaf/ kykNET

Ons het almal 'n brug wat ons moet oorsteek – iets in ons lewens wat ons moet oorkom. En as ons aan die ander kant kom, kyk ons terug na die reis en besef dat ons die gereedskap gehad het om self die brug te bou.

Dit is die konsep waarop die nuwe internasionale werklikheids-TV-formaat van kykNET, 'Die Brug', gegrond is. Die plaaslike weergawe van die reeks begin Donderdag 26 Oktober om 20:00.

KYK: 'Plaasjapie' se Roché Killian is verloof!

Dit plaas twaalf vreemdelinge in ’n afgeleë wildernis in die omgewing van Swellendam. Hul taak is om binne 20 dae 'n brug te bou in die hoop om met prysgeld van R1-miljoen weg te stap. 

Meer hier:

In die proses om 'n brug aanmekaar te slaan om by die prysgeld uit te kom, is daar kinkels en uitdagings wat die ekwilibrium in die groep laat wankel. Die spelers se sosiale vaardighede, morele waardes, fisieke en geestelike krag en uithouvermoë word tot die uiterste beproef.

Die titel het egter ook ’n simboliese betekenis, want die spelers bevind hulle in hul eie lewens ook in situasies waar hulle brûe moet oorsteek om nuwe moontlikhede te ontsluit. 

KYK: Bekende 'Binnelanders'-akteur verloof

Dít verdiep die menslike drama en maak van die reeks vir die deelnemers ook ’n stryd om selfoorwinning.

Belangrike terminologie in 'Die brug': 

  • "Houthuis" – waar die spelers woon en werk. Dit bestaan uit ’n slaaparea, ’n leefarea, ’n werkswinkel en ’n pier.
  • "Toring" – 250 meter van die oewer af en die spelers se uiteindelike bestemming, want dit is waar die prysgeld wag.
  • "Eiland" – waar die Toring en die prysgeld is. Die spelers moet ’n brug bou om daar uit te kom.
  • "Posvlot" – halfpad tussen die oewer en die Toring. Dis waar die spelers boodskappe en instruksies moet gaan haal.
  • "Poskan" – die vaartuig waarin spelers boodskappe en instruksies ontvang. 
  • "Fakkels" - word gebruik om die spelers te laat weet wanneer daar nuwe pos op die Posvlot is. 
  • "Verwydering" - verwys na ’n speler wat huis toe gestuur word. Dit kan enige tyd gebeur. Anders as in ander realiteitsprogramme, is daar nooit dieselfde reëls of meganisme vir die “verwydering ” nie. Dit is net so onvoorspelbaar soos die gebeurtenis self. As spelers verwyder word, moet hulle hul besittings pak, op ’n boot klim en die spel onmiddellik verlaat.

Die reeks word uitgesaai op DStv Premium op kykNET (DStv-kanaal 144) vanaf Donderdag 26 Oktober om 20:00. Dit sal ook via DStv Stream gestroom kan word en beskikbaar wees op DStv Catch Up ná elke uitsending.

Kyk die amptelike voorskou hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Verskaf/ kykNET

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories