Ikoon Soli Philander te sien in nuwe 'Pinocchio, 'n musikale komedie'
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die Suid-Afrikaanse legende, Soli Philander het met Breakfast with Martin Bester gesels oor 'Pinocchio, 'n musikale komedie' wat vanaf 14 Junie by die Pierneefteater op die planke sal wees.

Machiel Roets, die bekende komponis, liriekskrywer, en musiekregisseur van 'Liefling die blyspel,' 'Aspoestertjie,' en 'Pretville,' bring binnekort die onweerstaanbare 'Pinocchio, 'n musikale komedie' na die verhoog.
Hierdie produksie belowe 'n meesleurende ervaring vir die hele gesin – 'n betowerende samevoeging van oorspronklike musiek, humor, nostalgie, en uitmuntende karaktervertolkings deur 'n uitsonderlike toneelgeselskap. Die geliefde marionet, Pinocchio, behou sy oorspronklike sjarme terwyl hy weer lewe ingeblaas word.
EKSKLUSIEF: Nuwe Afrikaanse 'SpongeBob SquarePants' temalied
'Pinocchio, 'n musikale komedie' sal by die Pierneefteater op die planke wees vanaf 14 Junie. Skakel vroegtydig met die teater om hierdie musikale komedie nie mis te loop nie.
Dit belowe om gesin vermaak uit die boonste rakke te wees. Soos met ‘n Pantomime word die gehoor deurgaans betrek.
Ons kan met trots aanbied dat Soli Philander met sy ervaring as komediant jou maagspiere van lag te gaan laat werk.
Pinocchio word vertolk deur die jong Henrico Grobler van die moot en sy neus graan regtig voor die gehoor groei.
Synopsis:
Sonder kind of kraai besluit die bejaarde Gepetto eendag om 'n marionet uit hout te skep, Pinocchio gebore! Die skelms, Mario en Gatto, ontdek die naïewe Pinocchio en sien dadelik die potensiaal om uit dié lewendige pop voordeel te trek.
KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss verwelkom nuwe baba
Pinocchio vergeet egter die waarskuwing van die Goeie Fee: "As jy jok of die waarheid knoei, sal jou neus groei. Almal sal weet, ’n haan sal kraai. Pinocchio! Jou neus het jou verraai!"
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Social media users rave about Nissan van drop top
Who said you couldn't have your bakkie as a convertible?
The Workzone with Alex Jay 2 minutes ago -
"Stop, there's a snake on the water slide!"
Seeing a snake on a slide doesn't exactly scream holiday fun for non-sna...
The Workzone with Alex Jay 7 minutes ago