GMA Extra: Helping a father make his son's birthday celebration come true

GMA Extra: Helping a father make his son's birthday celebration come true

You can help make young Henru's seventeenth birthday celebration one to remember!

Screen_Shot_2016-06-01_at_12.41.54_PM.width-800

GMA EXTRA 22 MAY 2017 (HENRU/IDA/ARNOLD 1 JUNE 2016)

BACKGROUND:  We met Henru and his single dad, Hendrik, a year ago, just before his 16th birthday on 2 June. To mark the occasion, Hendrik organised a special 'spitbraai' and sokkie – and he was selling tickets. Hendrik’s efforts, however, have a very long and painful history. The fact that Henru was turning 16 was a miracle - and now, his 17th birthday is around the corner. Henru was in a horrific car crash at the age of nine months. He suffered severe brain injuries and doctors did not hold out hope for his survival. As a working single dad of four, Hendrik has cared for Henru through many scares, operations, and much difficulty. He has done this with an abundance of care, patience, sacrifice, and most of all love. The RAF payments have stopped due to admin complications that are being sorted, but in the meantime he still needs financial help to foot the more than R12,000-a-month bill to enable him to look after Henru. At the time, our friends at the IDA Care Foundation helped the family with a donation of R30,000 and the Arnold Classic arranged a meet-and-greet for Henru and his dad with the governator himself, Arnold Schwarzenegger!

Since December, the cost of taking care of Henru has again increased dramatically as he can now only consume specialised formula milk. Hendrik says this has pushed his monthly bill for Henru to over R20,000 a month - a huge cost for a career policeman to cover on his own. They are again planning a special celebration for Henru, with the aim of raising funds for his care.

Oggend tee saam met Henru

3 Junie 2017 van 9:00

By A River Runs Through It

Kaatjies: R200 p/p

Yvette: 076 974 4591

henru image fund raiser

ORIGINAL REQUEST:

Hi Dianne, 

Sal julle my nie asseblief weer help met advertering vir Henru nie? 

Henru eet van Desember verlede jaar nie meer nie en moes hy 'n buis kry vir buisvoeding. Hy akkodeer ook nie met die kos nie en die dieetkundige het toe uit nood kos voorgeskryf wat ongelooflik duur is. 400g blik (waarvan ek 220g per dag gebruik) kos tot R450. Dit gee jou dus ongeveer R12 000 per maand net vir sy kos. Dan sy medisyne, doeke en versorger. Laas maand het dit my R20 500 gekos met alles wat ek moes kry. Dit gaan rof. 'n Events manager, Yvette Joubert, reël 'n oggend tee vir hom op 3 Junie. As jy kan help sal ek baie bly wees. Dankie by voorbaat.

ORIGINAL REQUEST (2016):

Beste Good Morning Angels

Om kortliks Henru se lewe saam te vat: Henru is op 23 Februarie 2001 in ‘n kop-aan-kop botsing ernstig beseer. Hy was 9-maande oud. 

Tydens die impak van die botsing het hy sy kop teen die “dashboard” gestamp met gevolglike baie erge breinskade. Hy is per helikopter afgevoer na Milpark hospitaal waar hy in ICU opgeneem is.

Die Sondag aand, 25 Februarie 2001, het sy hart 5 keer gaan staan. Dokters het nie veel hoop gehad nie en het my voorberei op die ergste. Sy ma was op Bethlehem in die hospitaal.  Sy het buikbeserings opgedoen en haar voet was erg beseer. Ek het by Henru gebly vir die volle tydperk wat hy in die hospitaal was waar ek intussen ook meegedeel is dat hy kortikaal blind is. Ek het hier geleer hoe om hom te hanteer, maar ook om weer bottel te drink en te “eet” met ‘n spuit. Ek kyk sedertdien alleen nah om, aangesien ek en sy ma kort voor die ongeluk uitmekaar is.

Hy dra permanent doek en drink steeds uit ‘n bottel. Hy het later die jaar breinvliesontsteking opgedoen en “burholes” is geboor om die drukking op sy brein te verlig. Daar is ook later ‘n shunt ingesit.  Dit is ‘n pypie wat van die brein af dreineer in die maag, ook om die drukking te verlig. Verder het hy begin epileptiese aanvalle kry en is hy op medikasie geplaas. Dit het dikwels gebeur dat ons moes deur ry Johannesburg toe as daar komplikasies ingetree het. Ek het in totaal 35 000km gery agter dokters en hospitale aan en moes toe ‘n keuse maak om my ander kinders op Harrismith agter te laat en Pretoria toe te trek om nader aan die dokters te wees en nie so baie te ry nie.

Ook om gespesialiseerde neuro ontwikkelingsterapie vir hom te kan gee wat nie beskikbaar was in Harrismith op Bethlehem nie.

Henru se een heup se potjie het nie behoorlik ontwikkel nie.  Die dokters het toe aanbeveel dat die spiere in die lieste verleng moet word.  Dit is ‘n bilaterale adduktore loslating wat gedoen word en hy was in gips geplaas.  Hy het ontsettend pyn ervaar en dikwels gegil van die seer.

Na die gips af is, het sy bene opgetrek.  Hy is in traksie geplaas in die hospitaal en later huis toe gestuur waar ek ‘n hospitaalbed aangekoop het en hy is toe nog in traksie geplaas vir ‘n verdere 3 weke. Omrede die spasmas vererger het, het die potjie steeds ontwrig en moes ‘n verdere operasie gedoen word om penne en plate in sy heup te sit en die “dak” van die potjie uit been op te bou.

Dit was ‘n 6  en ‘n half uur operasie. Hy is na die operasie in ‘n spika geplaas – dit is gips van onder sy arms met die een volle been in gips en die ander een half in gips tot by sy knie.

Eendag het hy ‘n epileptiese aanval gehad en in spasma gegaan en dit het veroorsaak dat sy been bokant die knie gebreek het.  Die been is onder narkose gespalk en in gips gesit. Weer was hy in baie erge pyn en kon ek hom soms amper nie eers hanteer net om sy doek om te ruil nie. Die penne en plate is later weer verwyder na ondeveer 2 jaar en was dit weer ‘n ses en half uur operasie.

Weer het die heupe, die keer albei, ontwrig en is weer ses en half uur teater toe – weer nuwe penne en skroewe ingesit en dit is nog steeds in sy heupe. In 2012 het hy weer sy been gebreek – die keer toe hy se been weggeruk het toe ek hom vermoedelik gekielie het toe ek sy toonnaels geknip en hy sy been weggeruk het.

‘n Spalk is aangesit en ek is nie behoorlik ingelig deur die dokter hoe om die spalk te “hanteer” nie.  Dit het veroorsaak dat die been onder die spalk letterlik gemuf het. Weer is ons hospitaal toe en die wonde skoongemaak en behandel.  Dit het gelyk soos brandwonde.

Sy rug het skoliose ontwikkel.  So erg dat dit sy organe begin vasdruk het soos sy niere, hart en longe.  Sy rug het sodanig gedraai dat sy linker nier voor op sy buik sit. Die een helfte van sy buik is kliphard – dit is sy rug wat daar is.

‘n Operasie is toe gedoen om die rug reguit te maak.  16 skroefe en twee staal stawe is in sy rug gesit. Sedert Januarie 2014 geberu dit dikwels dat hy in ‘n semi koma gaan en dan vir dae aaneen nie wakker word, eet of drink nie. Ek moet hom dan amper “force feed” deur hom kos en vloeistoffe te laat inneem.  Hiervoor gebruik ek spuite.  Sy kos word dan gepuree en met ‘n spuit ingegee en hy sluk net. Vloeistof word met “thick and easy” verdik sodat hy dit basies ook “eet, maar sodeonde kry hy voldoende vloeistof in sodat hy nie ontwater nie. Dit is basies dit.

Hy word 24/7 versorg.  Bedags het ek ‘n versorger en na werk en naweke pas ek hom op. Ek gaan net werk toe en huis toe.  Ek het feitlik geen sosiale lewe nie.  Soms gee die kinders my ‘n breek dat ek bietjie kan uitgaan, maar 99% van die tyd is ek en Henru alleen by die huis. Ek sal Henru nooit in ‘n inrigting laat opneem nie en sal hom versorg solank ek fisies en liggaamlik daartoe in staat is. Ja, dit is en was my keuse om Henru te versorg.

Ten spyte van sy vegetatiewe toestand, is daar tog dikwels ons oomblikke en waar hy absolute vreugde ervaar.  Geen mens kan ooit besef hoe Henru floreer op liefde en aandag en as hy in ‘n inrigting vir versorging geplaas sou word, sal hy nooit soveel liefde en aandag kry as wat hy by die huis kry van sy broers en suster en by my nie. Ek weet ek het nou weer ‘n boek geskryf, maar dit is moeilik om so baie verkorte weergawe te gee. Ons is besig om ‘n fondsinsameling te hou om fondse te bekom vir Henru se daaglikse versorging.

Vir sy versorging, doeke, medikasie, voedselaanvullings, mediese uitgawes werk ek op ‘n maandelikse tekort van R12 885 per maand.

Ek het net my salaris as polisiebeampte wat ek ontvang per maand en kan nie die kostes alleen dra nie. Ek het my loopbaan as polisiebeampte op bevorderings ook opgeoffer sodat ek na Henru kon omsien. Henru verjaar die 2de Junie en word die jaar 16.

Om sy lewe te vier het ek dit goed gedink om sy 16de verjaardag te vier met die doel van ‘n fondsinsameling deur ‘n langarm dans te hou op die 4de Junie. Die algemene publiek word daarheen uitgenooi en kry ‘n spitbraai en dans en die fondse word geadministreer in samewerking met die Acorn Foundation.

Ek voel soos een van die bedelaars op straat moet voel, maar ek kan nie meer die finansies bymekaar kry vir die doel nie en hoop en bid vir hulle ondersteuning.

Baie dankie en ek hoop om van julle te hoor.

Groete,

Hendrik Grobbelaar

Show's Stories