Good Morning Angels: Diabetic 13-year-old needs a new life saving insulin pump

Good Morning Angels: Diabetic 13-year-old needs a new life saving insulin pump

Vaughn Priem is in grade seven and a keen sportsman - he is also a Type 1 Diabetic.

GMA Vaughn
Breakfast with Martin Bester

BACKGROUND: Vaughn Priem is in grade seven - last year of primary school - and a keen sportsman. He is also a Type 1 Diabetic, a condition his father also battles with. His parents have been very careful to keep his sugar levels under control and he has an insulin pump implant, to accurately regulate his blood-sugar levels. On 12 July, on his 13th birthday, Vaughn went into a diabetic coma. He was rushed to hospital and stabilised and then transferred to Chris Hani Baragwanath Hospital ICU. It was touch and go and there was even a possibility that he could have some brain damage from a lack of oxygen. However, Vaughn pulled through - no brain damage and he is back at school. His insulin pump however needs to be replaced.

At the moment, he gets tested and injected every two hours. His mom, Cornel sits up next to his bed at night to monitor and assist him throughout the night. Neither of them have had a night’s sleep since Vaughn was discharged from hospital and his teachers at school are also constantly worried about him. Cornel is a hairdresser and the main breadwinner for the household of five. 

The family and friends have raised over R30 000,00 for the new insulin pump, but they need another R20 000,00.


REQUEST FROM: Various Jacaranda FM listeners

 

REQUEST FOR: 13-year old Vaughn Priem

 

ANGEL: Christo Bezuidenhout, Round Table

 

SPONSORING:  The Round Table will assist the fundraising efforts for Vaughn’s new insulin pump by donating the remaining R22 000,00 needed to secure a new life saving insulin pump!  They will also pay for the censor/transmitter quoted at R5 000,00


ORIGINAL REQUEST:

Vaughn Priem is die 13 jarige seuntjie van Cornel and Jaun Priem van Kempton Park. Vaughn leef al vanaf 2012 met Diabetes 1 saam. Tot onlangs was alles mooi onder beheer, maar in Julie 2018 het die volgende tragedie hierdie gesin getref …… (Op Vaughn se 13de Verjaarsdag 12 Julie het hy oornag siek geword, binne 4 ure het hy in ‘n DKA koma gegaan, en ons het met Vaughn  hospitaal toe gejaag. Hulle kon hom vir ons op daai stadium net stabiliseer tot ons iewers by ‘n staats-hospitaal aanvaar kon word en hom kon fasiliteer omdat hy al sover in ‘n DKA koma was. Vaughn het vir amped 6 ure gelê en wag, waarby hy elke minuut versleg het. 15.30 het Baragwanath Hospitaal hom aanvaar. Op daai stadium was Vaughn nog verder in die DKA koma). 

Hy is dadelik in Hoë Sorg geplaas. 13 Julie het Vaughn nog verder versleg en Vaughn het (Ge-crash). Vaughn is toe dadelik oor op (Life Support) majiene gesit en is toe oorgeplaas na nog 'n groter ICU met die regte (life support) masjiene wat hy benodig om sy organe weer aan die gang te kon kry en dat hy op 'n stadium weer self kan asem haal. In die oorplasings proses tussen hospitale het Vaughn te veel vloeistowwe ontvang en toe het Vaughn vog op sy brein gekry, waarby ons eers kon vasstel of daar breiskade sou wees sodra hy uit sy DKA koma sou kom. Prys Die Heer het Vaughn elke dag beter geword. Geen Skade. Ons moes a.g.v 'n groot persoonlike finansiele terugslag ons Mediese fonds staak. Ons is So Geseend met wonderlike Engel mense wat ons Sponsor vir Vaughn se pompie se benodighede... ( Insulien en consumables ens.) Tans moes ons Vaughn terugsit op Insulien penne en Vaughn doen nie goed op die penne nie)

Alhoewel Vaughn nou heelwat beter is en weer die lewe aanpak, moet sy insulienpomp vervang word. Die pomp is ouer as vier jaar en nie meer onder waarborg nie. Saterdag 18 Augustus 2018 het die pomp finaal gegroet. Sonder die pomp is dit ongelooflik moeilik om klein Vaughn se insulien te reguleer en vergroot dit die kans op nog ‘n terugslag.

Hierdie klein mensie is reeds deur so baie, ek wil vra dat ons asb. almal saam staan en kyk wat ons kan doen om vir Vaughn ‘n nuwe pomp te kry. Die  prys vir ‘n nuwe pomp is R51 484.12, ‘n bedrag wat hierdie gesin glad nie op hierdie stadium kan bybring op hul eie nie. Hulle het aansoek probeer doen vir mediese dekking, maar met beide Vaughn en Jaun wat diabete is blyk dit nie juis of die gesin gou gaan regkom met mediese dekking vir die twee se diabetes nie. Enige hulp sal baie waardeer word.

Teresa Theunissen


Goeie môre

Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om jul om hulp te nader.

My haarkapster het ‘n 13-jarige seun wat lei aan Diabetis 1. Hy was onlangs in ‘n koma agv die diabetis.

Hy het ‘n spesiale pompie wat hy gebruik, en die pompie het nou onlangs gebreek

Die kostes beloop oor die R50 000 om dit te vervang

Ons het al op Facebook ‘n pleidooi uitgestuur maar tot op hede nog net oor die R10 000 ingesamel Hulle het nie ‘n mediese fonds wat die kostes kan dek nie

Sy is nie bewus dat ek hierdie skrywe aan jul deurstuur nie

https://protect-za.mimecast.com/s/4-_HC76J57Smko9U81mIA?domain=instagram.com

Asb ek vra mooi as daar enige manier is wat u behulpsaam kan wees sal dit opreg waardeer word

Hy is ‘n pragtige kind en verdien om so ‘n normaal lewe as moontlik in sy moeilike omstandighede te leef

Bid en vertrou om spoedig van u te hoor

Byvoorbaat dankie

Sarie Smit   

Show's Stories