Helping ouma Maggie to take care of her three grandchildren

Helping ouma Maggie to take care of her three grandchildren

Roman’s Pizza and Good Morning Angels assisted Ouma Maggie with R30,000 to cover Kimi’s school bus cost for 2024 as well as school and living expenses for her two sisters and the family. 

Helping ouma Maggie to take care of her three grandchildren
Jacaranda FM

Kimi, 13, and her two younger sisters of 12 and 10 have been living with their gran, Tannie Maggie, since birth. They have no contact with or assistance from their parents - never have. 

Life has never been easy for them, but Maggie makes sure that the girls have what they need. Her fiancé works in Mpumalanga and only comes home once a month. Kimi takes her role as big sister very seriously and she understands that Maggie does the best she can.

Kimi is going to high school next year. A member of their church community has bought her new school uniforms and another will assist with a new school bag and stationary. 

They will apply for a school fee exemption, but they are stuck with bus fair to and from school for next year. This will cost around R14,000 for the year - which is a financial burden they simply cannot afford. That’s why a friend of the family, Chantel Olckers, wrote to Good Morning Angels for assistance.

REQUEST FOR: Ouma Maggie, Kimi and her two sisters 

REQUEST FROM: Chantel Olckers 

ANGEL: Our fabulous Festive Sponsors, Roman’s Pizza represented by Bonnie Cooper 

SPONSORING: Roman’s Pizza will assist Tannie Maggie with R30,000 to cover Kimi’s school bus cost for 2024 as well as school and living expenses for her two sisters and the family. 

ORIGINAL REQUEST:

Goeie dag 

My naam is Chantel Olckers. Ons is woonagtig in Krugersdorp. Ek rig vandag my skrywe aan u namens Kimitha, ‘n 13-jarige dogter wat volgende jaar Hoërskool toe gaan. Hiermee volg so biedjie geskiedenis:

Kimi en haar 2 susters (10 en 12 jaar onderskeidelik) woon sedert geboorte by hul ouma, Maggie. Die meisiekinders se biologiese ma het geboorte gegee, die kind afgelaai by die ouma en verdwyn (tot die volgende kind gebore is). Die laaste kontak of kennis van waar die ma was, was 10 jaar gelede toe die jongste dogter gebore was en by die ouma gelos was. Van daaraf weet Maggie nie waar haar dogter is nie. So daar is geen bystand vir die kinders van beide ouers af nie. Maggie is al amper 55 so vir haar om werk te kry in ons huidige ekonomie is feitlik nul, soos ek seker is u weet. Maggie kry Sassa kinder toelae van R1530 (R510 per kind per maand). Haar verloofde werk in Witbank (en woon daar kom slegs 1 naweek n maand huis toe weens die onkostes) en betaal die huur en verskaf kos soveel as wat hy kan. Alhoewel hulle 'n dak oor hulle kop het en ten minste elke dag eet, gaan dinge baie swaar vir hulle. Al is daar net mieliepap om te eet is hulle dankbaar. Tannie Maggie doen haar uiterste bes vir haar klein kinders - alhoewel sy na hulle verwys as haar kinders. Sy gaan sonder baie om te probeer verseker dat die 3 dogters het wat hulle benodig. Sy gaan uit haar pad om hulle die lewe te probeer gee wat sy as mens moontlik kan. Al wat Tannie Maggie na smag is vir die kinders om 'n regverdige kans te hê in die lewe en iets te maak van hulself. 

Biedjie meer oor (Kimitha) Kimi. Sy is mal oor die kleur pienk. Sy wil graag ‘n lugwardin word. Sy hou van kos maak, lees en musiek luister. Sy hou baie van aarbeie maar dis so duur sy kry dit min. Sy se haar susters maak haar kwaad en dit maak haar hartseer dat hulle nog nooit kon vakansie hou nie, maar sy verstaan dis weens finansieële omstandighede. Omdat Kimi die oudste is voel sy altyd genoodsaak om optestaan vir haar susters en hulle te moet verdedig (of hulle nou reg is of nie)en so bevind Kimi haarself soms in moeilike situasies. Sy is omtrent wat 'n mens sal se "wise beyond her years". Sy het die mooiste omgee hart en verminder haarself om nie druk op haar ouma te plaas nie weens die omstandighede. 

So die rede vir my lang skrywe vandag is om te vra vir bystand of hulp vir Kimi. Ons het ‘n goeie samiritaan gekry wat vir Kimi al haar skool klere gekoop het laas week (ons dank Onse Hemelse Vader). Ons werk aan skryfbehoeftes en skrifte vir volgende jaar. Tannie Maggie sal volgende jaar aansoek doen vir skool subsidie vir die skoolfonds. Maar waar ons dood vasbrand is die busgelde om Kimi by die skool te kry. Die bus gelde verloop R1150 p/m, asook n eenmalige plek versekerings bedrag van R200 'n jaar in Januarie. Dit gaan menslik onmoontlik wees vir Tannie Maggie om die busgelde by te bring. Ek het 'n paar besighede in ons area genader vir hulp maar verstaanbaar in die ekonomie van vandag is daar nie tans hulp nie. As ek persoonlik in 'n posisie was om te help sou ek dit in n oogwink doen, maar ek is afhanklik van 'n sassa ongeskiktheids toelaag van R2090 p/m om te leef en het n 11-jarige seun.

Dis hoekom ek vandag pleitend, biddend en hoopvol u nader. Sal u indien dit enigsins moontlik is, ’n 13-jarige meisie kan bystaan om haar 'n regverdige kans te gee om haar lewe te kan verbeter en bo haar omstandighede te kan uitstyg?

Ek sal u terugvoering opreg waardeer. My ma het my geleer om uit te ryk vir hulp en dat dit nie n skande is nie, die ergste wat kan gebeur is hulle se nee - so weet jy darm jy het probeer. 

Ek wil sommer net die geleentheid neem om u te bedank vir die wonderlike werk, bystand en hulp wat u aan mense verleen - julle is waarlik geseënde enegele van bo aan mense wat werklik dit benodig. 

‘n Biddende hoopvolle

Chantel Olckers

Tune in to the 'Breakfast with Martin Bester', weekdays from 06:00 - 09:00. Stream the show live here or download our mobile app here.

Follow us on social media:

Image Credit: Jacaranda FM

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories