Kagiso Media Hunger Relief Fund: Heart NPO

Kagiso Media Hunger Relief Fund: Heart NPO

HEART is ‘n geregistreerde NPO en PBO wat fokus grootliks op weerlose persone en onder normale omstandighede het ons ‘n wye verskeidenheid projekte en programme wat gespits is daarop om daadwerklike, praktiese en impakvolle verskil te maak in die lewens van individue asook gemeenskapsopheffing. 

Heart NPO
Heart NPO / Verskaf.

Die mate van letterlike hongersnood in ons weerlose en arm gemeenskappe is skrikwekkend. Mense wat staatgemaak het op stukwerk, is geheel en al op hulle kniee gebring. Tydens die huidige Covid-19 krises, het ons die besluit gemaak om vir eers alle projekte en programme ter syde te skuif en net op die voorsiening van kos, maaltye, kospakkies en kosproduk te konsentreer.

Ons bedryf self al meer as twee jaar lank twee voedingsskemas wat onder normale omstandighede, elke weeksdag 200 bejaardes en kinders voed. Met beperkte spasie en die basiese kombuistoerusting wat ons het, is 200 maaltye tweemaal per dag, ons maksimum kapasiteit.

Met verskeie ander organisasies, besighede en instansies se hulp ondersteun ons tans 12 ander voedingsskemas- insluitend twee plaaslike skole wat nie voedingsskema kosse ontvang het nie.

In totaal vanaf 12 Maart tot vandag, het HEART oor die R600 000.00 se kosaankope gedoen. Die individuele maaltye wat hieruit bedien is, is ver oor die 50 000 Maaltye.

En dan, net omdat ons KON, en die NOOD so oorweldigend is, het ons ook alreeds meer as 700 Kospakkies versprei aan weerlose families. Die totaal in gewig van al die kosaankope wat ons tot dusver gedoen het, en versprei het, staan nou al nader aan 80 ton kos!

Facebook: Heart NPO

Bank besonderhede -

Name::   Heart NPO

Bank:  FNB

Account: 62745757940

Branch:  250655

Ref: Your Name

For an 18A Certificate email proof of payment to [email protected]

Show's Stories