Die Griekwastad moorde – soos jy dit nog nooit gehoor het nie
Updated | By Gerda de Sousa
True Crime South Africa
– die Afrikaanse weergawe gaan in episode drie na die eens stil en
vreedsame Noord-Kaapse dorpie van Griekwastad, wat nooit weer dieselfde sal
wees nie sedert daardie Goeie Vrydag ‘n dekade terug toe ‘n tiener seun sy
familie gru op hulle plaas vermoor het.
Op Vrydag, 6 April 2012, is drie lede van die Steenkamp gesin brutaal vermoor op hulle plaas, Naauwhoek, 8 kilometer buite Griekwastad.
Die enigste oorblywende lid van die gesin – die 15-jarige Don Steenkamp – is die een wat polisie stasie toe gejaag en gaan skree het dat hulle hom moet help.
In die plaashuis, het die polisie afgekom op die lyke van die 44-jarige pa, Don, sy 43-jarige vrou, Christel en hulle 14-jarige dogter, Marthella.
Don Steenkamp sou later skuldig bevind word aan moord, verkragting en dwarsboming van die gereg.
Twee dae voor sy 18de verjaarsdag is hy gevonnis tot ‘n totaal van 76 jaar agter tralies.
Hy sal egter net 20 jaar tronkstraf uitdien, omdat hy die moorde as ‘n minderjarige gepleeg het.
Foto: Deon, Christel en Marthella Steenkamp
Foto: Don Steenkamp in die hof
Foto: Don Steenkamp tussen twee oumas by die begranis
Foto: Don Steenkamp se T-hemp in die hof
Die moorde op die Steenkamps het ‘n reuse impak gehad op die klein gemeenskap van Griekwastad, waar inwoners gevoel het dié misdade het ‘n euwel tot binne-in hulle dorpie se gemeenskap gedryf.
Die ware misdadiger was die laaste persoon wat enige iemand ooit sou vermoed sulke gru dade sou kon pleeg.
JacarandaFM se Gerda de Sousa bied dié eksklusiewe Afrikaanse podgooi reeks aan op JacPod, oor opgeloste en onopgeloste misdade wat Suid-Afrika geskok het.
Foto: Jacaranda FM se Gerda de Sousa
True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe is n nuwe en oorspronklike reeks van ses episodes gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.
Foto: Nicole Engelbrecht
Luister na die vorige twee episodes.
Show's Stories
-
Fancy decorating your beard with Christmas baubles?
This takes the 'festive feeling' to a new height of jolly...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago -
The things people resorted to during the heatwave
We gotta do what we gotta do when the weather turns the heat up...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago