Die Krugersdorp-moordenaars wat geloof soos 'n koeël gelaai het

Die Krugersdorp-moordenaars wat geloof soos 'n koeël gelaai het

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe vertel in episode ses die bisarre storie oor die Krugersdorp-moordenaars, wat die land geskok het met die terreur bewind wat hulle van 2012 tot 2016 in dié dorp in Gauteng gevoer het. 

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe 4x3
JacPod

Cecilia Steyn, Marinda Steyn, Marinda se dogter Marcel Steyn, Marinda se seun Le Roux Steyn, Zak Valentine en John Barnard is in 2019 gevonnis tot honderde jare agter tralies vir die 11 mense wat hulle oor ‘n tydperk van vier jaar gru vermoor het.

Hulle is ook skuldig bevind op klagtes van terreur, bedrog en rampokkery.

Dit was egter net die einde van ‘n moord tog wat inwoners van Krugersdorp in vrees gedompel het.

Dis ‘n storie waar geloof in ‘n verwronge manier as ‘n wapen gebruik is, die okult en satanisme as redes vir wraak aangevoer is en messe en byle die voorkeur moordwapens was.

Dié ses was almal lede van ‘n geloofs groep wat hulle Electus Per Deus (Verkies deur God) genoem het.

Tydens hulle aanvanklike bymekaar komste het hulle gehoor van ‘n kinderhuis waar sataniste se kinders ingeneem is, moes hulle bid vir Cecila Steyn wanneer sy gevoel het daar ‘n sataniese offer gemaak gaan word en is haar bobene met olie gesmeer om te voorkom dat sy verkrag word.

Dit als in die naam van geloof.

Aan die einde van die groep se moord bestaan, het dit egter minder gegaan oor geloof en meer oor geldsug.

Marcel Steyn was maar net sewe jaar oud en haar broer, Le Roux, net 10 toe hulle deel geword het van dié groep se moord planne en self ook later moorde gepleeg het.

Ses mense wat almal dieselfde onheil in hulle gedra het en wat gewys het tot watter dieptes die verdorwenheid van die mens se siel regtig kan daal. 

Krugersdorp killers in court
Krugersdorp moordenaars in die hof (Foto: Carte Blanche)
Krugersdorp killers dressed up for Halloween
Krugersdorp moordenaars aangetrek vir Halloween (Foto: True Crime South Africa)
Krugersdorp John Barnard
John Barnard (Foto: Krugersdorp News)
Krugersdorp Zak Valentine
Zak Valentine (Foto: Bianca Pindral)
Le Roux Steyn
Le Roux Steyn (Foto: News24)
Marcel Steyn
Marcel Steyn (Foto: Iavan Pijoos)
Marinda Steyn
Marinda Steyn (Foto: Nomahlubi Jordaan)
Cecilia Steyn
Cecilia Steyn (Foto: Netwerk24)
Reginald Bendixen
Reginald Bendixen (Foto: True Crime South Africa)
Natacha Burger
Natacha Burger (Foto: True Crime South Africa)

Die Krugersdorp-moordenaars vertel die ware misdaad verhaal wat – toe dit uiteindelik op die lappe gekom het – Suid-Afrikaners in alle uithoeke van die land na die asems laat snak het oor die ongelooflike dade wat tot ‘n vals dood ingesluit het.

Die land moes ook wonder of ons werklik die onderwyseres goed genoeg ken, of die buurvrou en haar kinders.

Jacaranda FM se Gerda de Sousa bied dié eksklusiewe Afrikaanse potgooi reeks aan op JacPod, oor opgeloste en onopgeloste misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is 'n nuwe en oorspronklike reeks van ses episodes gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa-reeks.

Podcaster Nicole Engelbrecht
Potgooier Nicole Engelbrecht (Foto: True Crime South Africa)

Luister ook na vorige episodes: 

Show's Stories