Die verdwyning van Natasha Viljoen

Die verdwyning van Natasha Viljoen

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe vertel in episode vyf oor die soeke na Natasha Viljoen wat eenvoudig soos mis voor die son verdwyn het, vyf dae nadat sy geboorte gegee het aan 'n babaseuntjie.

True Crime South Africa – die Afrikaanse weergawe 4x3
JacPod

Op 25 Mei 2010 gee Natasha Viljoen geboorte aan 'n seuntjie in 'n hospitaal in Gauteng. 


Sy is verheug om weer ma te kan word en vertel op Facebook hoe sy daarna uitsien om die kind groot te maak saam met die liefde in haar lewe.


Maar vyf dae later verdwyn sy en meer as 'n dekade later is daar steeds geen teken van haar nie. 


Haar ouers, suster en dogter soek steeds na haar.


Die storie wat hulle vertel is, is dat sy eenvoudig haar baba agtergelaat en een aand weg geloop het. 


Maar hulle kan dit nie glo nie.


Die moeilike pad wat hulle sedertdien moes loop is nie net een wat hulle hoop hulle na haar sal lei nie, maar is ook 'n kronkel pad op hulle reis om te verstaan wie Natasha waarlik was. 

1 Natash Viljoen
SA Community Crime Watch
2 Natasha Viljoen missing
3 Natasha Viljoen

Natasha Viljoen se verdwyning vertel die ware verhaal van geheime wat onthul word en hoe 'n vermiste persoon saak 'n familie in 'n lang termyn greep hou. 


Jacaranda FM se Gerda de Sousa bied dié eksklusiewe Afrikaanse potgooi reeks aan op JacPod, oor opgeloste en onopgeloste misdade wat Suid-Afrika geskok het.

Gerda de Sousa on new podcast
Gerda de Sousa (Foto: Jacaranda FM)

True Crime South Africa - die Afrikaanse weergawe is n nuwe en oorspronklike reeks van ses episodes gebaseer op Nicole Engelbrecht se gewilde True Crime South Africa reeks.

Podcaster Nicole Engelbrecht
Potgooier Nicole Engelbrecht (Foto: True Crime South Africa)

Luister ook na die vorige episodes: 

Show's Stories