Mevrou draai die kasset terug tot by die 'perm'

Mevrou draai die kasset terug tot by die 'perm'

Die Mevrouens het met skok besef dat hulle gunsteling-grootwordjare vier dekades terug was! 

Mevrou Mevrou 80s
JacarandaFM

Daai dae van hare klits en 'perm', die plakkate teen die kamermuur, die groot oorbelle en baie pienk grimering, voel soos nou die dag. 

En hulle ken steeds al die woorde van al die treffers van 80's! 

In hierdie episode van Mevrou Mevrou, dink Gerda de Sousa en Dianne Broodryk met nostalgie terug aan die onskuldige dae van hul skool jare, toe musiek alles was en die prys van haarprodukte hulle grootste probleem was. 

Dianne Broodryk kon haar ore en oë nie glo toe sy op die nuus afkom dat haar gunsteling-liedjies uit die jaar 1984 kom nie – 'n volle veertig jaar terug!

Die jare tagtig was die tyd wat die Mevrouens hulle eerste kennis gemaak het met rock- en popmusiek – die note en lirieke van Prince, Madonna, Bruce Springsteen en Cindy Lauper.

Dit was die klankbaan van hierdie twee se kennismaking met onafhanklikheid en vryheid.

Dianne Broodryk onthou nog duidelik hoe sy by haar ma gepleit het om vir haar ook 'n korset te koop soos die een wat Madonna voor beroemd was, en wat elke tiener meisie se droom geword het.

Tot vandag toe, het haar ma nooit ingestem om dáái kledingstuk aan te skaf vir haar dogter nie

Gerda de Sousa onthou die koshuisokkies en die dae van voorbereiding wat dit gevat het om seker te maak jou hare staan soos dit moes.

Om nie te praat van die logistieke nagmerries wat dit geverg het om die regte 'perm' op die regte tyd in die hare te kry vir die groot partytjies nie.

In 'n oogwink, onthou die Mevrouens ook elke woord van elke liedjie.

Hoe dan anders? 

mevrou tagtigs banner
Jacaranda FM

Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou Generic
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie. 

Luister ook na die ander episodes: 

Show's Stories