Mevrou en die 18 somers

Mevrou en die 18 somers

'n Kinderpartytjie is nie speletjies nie, al is dit juis wat dit veronderstel is om te wees.

Mevrou Episode 9

Die Mevrouens is al kenners oor hoe om die perfekte verjaarsdag partytjie te reël – of dit nou vir die een se seun of die ander se dogter is.

Maar 2023 is 'n tameletjie van 'n verjaarsdag jaar, want die kinders is nou ouer, partytjies is nie meer die 'in-ding' nie en ewe skielik slaan die realiteit van oud word baie hard.

In episode nege van Mevrou Mevrou, bekla Gerda de Sousa en Dianne Broodryk hulle lot en spoel die heimwee terwyl hulle, maar alleen sit en die kersies op hulle kinders se verjaarsdag koeke uitblaas...

Mevrou wil dié jaar groot gaan – die een se seun word 18 en die ander een se dogter 21!

Dis mos nou 'n rede om fees te vier.

Maar die kinders het hulle eie planne en ewe skielik is Mevrou se idees nie meer goed genoeg nie en word sy nie meer benodig in die reëlings nie.

Wat het geword van die tyd toe Mevrou die septer geswaai het as dit by partytjies kom?

Daai jare is verby en dit het gekom met die finale skoot: "Eintlik het jy jou kind net vir 18 somers."

Dis met 'n swaar hart wat die Mevrouens nou moet terug dink en maar alleen moet teug aan die partytjie koeldrank.

Mevrou Mevrou is ‘n splinternuwe en oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou channel banner
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe podgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.

Luister ook na die vorige episodes:

Show's Stories