Mevrou en die P vir 'pot-holle'
Updated | By Dianne Broodryk
Ons weet almal van die slaggate wat sommer oornag op ons
gereelde paaie inval – veral na 'n lekker reënbui.

Die Mevrouens is parrate bestuurders en word nie sommer gevang nie.
Maar, wragtig – daardie een oggend voor sonop, net om die draai van die werk af, tref Mevrou die gewraakte 'pothole'.
In episode agt van 'Mevrou Mevrou', deel Gerda de Sousa al die drama, skade en lesse van haar slaggat-insident met Dianne Broodryk.
Die beskadigde wiel moet af en die 'biscuit'-wielietjie moet op.
"Jy mag nie meer as 80 op die snelweg ry met so ‘n spaar wiel nie."
Maar vertel dit nou vir die karakter wat met hoë irritasie vlakke verby snel met nie een nie, maar vier spaar wiele op sy kar!
Asof die slaggat nie straf genoeg is nie, is die stadig ry 'n hel op sy eie.
Nie eers die groot trokke het simpatie nie.
Dis op tye soos dié dat mens wil vloek en skel en besef dat... "P" staan vir 'pothol'!
Julle is almal 'potholle'!


Mevrou Mevrou is 'n splinternuwe en oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Luister na die vorige episodes:
Show's Stories
-
Woman shows us her talent that involve tongs
When you approach things with a multipurpose mindset, you begin to see o...
The Workzone with Alex Jay 12 hours ago -
Weekend fun awaits at Tres Jolie Restaurant and Party Venue
Enjoy a weekend of family fun with carnival rides, pony rides, and a jum...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 12 hours ago