Mevrou looi ‘n plooi

Mevrou looi ‘n plooi

Om te spuit, of nie te spuit nie … dít is die gewigtige vraag wat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk oorweeg, want ‘n vullertjie hier en ‘n plukkie of ‘n pompie daar is klaarblyklik deesdae ook glad nie meer ‘n skande nie.

Mevrou Episode 12

Dis nou nie asof iemand hulle direk in die gesig gevat het nie, maar die Mevrouens is nie dom nie – hulle kan mos tussen die lyne lees.

In die laaste episode van dié reeks van Mevrou Mevrou, wonder die Mevrouens of hulle die botox bus gemis het, en of daar nog tyd is om vas te byt vir ‘n spuit …….

Om die waarheid te sê het die jonger geslag vrouens geen skaamte om in hulle 20’s of 30’s al die dienste van ‘n estetiese dokter in te span nie.

Daar is selfs vrounes wat spesiale “boob jobs” kry voor hulle nog swanger word, sodat hulle met perfekte borste kan voed!

“Almal van hulle het ‘n dokter en ‘n prosedure en ‘n roompie”, onthou Gerda van die aand toe sy met ‘n groepie “jonger” vriendinne gekuier het.

Hulle was stomgeslaan toe sy, na ‘n paar dubbels, verklaar dat sy nog nooit botox of enige ander vorm van verjongings-kullery gepleeg het nie.

Dianne se dogter het dan selfs voorgestel dat hulle “’n-ma-en-dogter-lip-vuller” doen vir haar opkomende 21ste verjaarsdag!

En die kind het nie ‘n kreukeltjie in haar waswit velletjie nie!

Die Mevrouens worstel nou – met ‘n diep frons op die voorkop – met die vraag of dit nou reeds vir hulle te laat is. 

Mevrou Episode 12
Jacaranda FM

Mevrou Mevrou is ‘n splinternuwe en oorspronklike Afrikaanse podgooi deur Jacaranda FM waarin twee “gesoute” radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou Generic
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe podgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie. 

Luister na die vorige episodes:

Show's Stories