Mevrou se mannewales in Johannesburg

Mevrou se mannewales in Johannesburg

Daar was ‘n paar jaar wat die Mevrouens die strate van Johannesburg oorgevat en seker gemaak het hulle eet en drink na hartelus, partykeer selfs óp die tafel in plaas van áán tafel. 

Mevrou Episode 7
Jacaranda FM

Dit was  in die laat jare 90s toe die Mevrouens altwee in Joburg gewerk en net ‘n paar deure van mekaar af gebly en hulle JOhannesburg goud geverf het.

In episode7 van Mevrou Mevrou onthou Gerda de Sousa en Dianne Broodryk die jare toe hulle ‘n hele salaris op een paar skoene spandeer – en geleer het hoe om die perfekte aartappel slaai te maak …….

Mevrou probeer onthou hoe dit gevoel het om nie om te gee as jou kombuis vloer vuil is nie, solank die naweek net ‘n sukses was.

Vir dié Mevrouens was dit die laat 90s toe hulle altwee by die SABC gewerk en in dieselfde blok woonstelle in Randburg gebly het.

Geen huislenings, geen man vir wie elke aand gekook moet word nie en geen kinders nie.

Dit was die tyd toe paas eiers ‘n perfekte ontbyt was en groente net in die restaurant geëet is.

Daar was niks wat jy dié Mevrouens kon leer oor die strate van Johannesburg nie.

En as iets skeef geloop het, was dit beskou as ‘n goeie (en sometyds duur!) les. 

Gerda en Dianne
Gerda de Sousa
Gerda en Tony
Gerda de Sousa
Dianne en Deon
Gerda de Sousa
Mevrou Mevrou channel banner
Jacaranda FM

Mevrou Mevrou is ‘n splinternuwe en oorspronklike Afrikaanse podgooi deur Jacaranda FM waarin twee “gesoute” radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.

In hierdie eksklusiewe podgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie. 

Luister na die vorige 6 episodes: 

Show's Stories