Mevrou se tande agter tralies

Mevrou se tande agter tralies

Dit het langer gevat as om te kraam – en Mevrou het nie eers ‘n nuwe baba om daarvoor te wys nie.

Mevrou Episode 6
Jacaranda FM

‘n Halwe dag in die ortodontis se stoel en nou sit Mevrou met ‘n mondvol draadjies, haar tande letterlik agter tralies.

In die sesde episode van Mevrou Mevrou, kla Dianne Broodryk dat sy nou moet biltong suig, terwyl Gerda de Sousa wil weet in watter kleur die mond rekkies kom …….

Dis die eerste week van ‘n mond vonnis van tussen 12 tot 16 maande vir Mevrou wat steeds geskok is dat sy hoegenaamd moes draadjies kry.

Sy voel darem beter dat sy nie die oudste draadjie pasiënt is nie, maar daamee saam hoop sy nie dat die jong man wat die mond masjiene werk haar “tannie” gaan begin noem nie.

En dis net die begin van die kronkel en draadjie pad.

Daar’s die aanhoudende tande borsel en die lang lys van kos wat sy moet vermy, om nie eers te praat van die nuwe waksies en klein skrop borseltjies wat sy moet leer gebruik nie.

Ons het defnitief nie genoeg simpatie met tieners wanneer hulle deur die draadjie stadium gaan nie, dink Mevrou terwyl sy stillig aan haar sout tjippie suig.

En as jy dink sy oordryf, hier is die video wat wys wanneer ‘n bek vol tande, ‘n bek vol staalwol word …..

Mevrou Mevrou is ‘n splinternuwe en oorspronklike Afrikaanse podgooi deur Jacaranda FM waarin twee “gesoute” radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou channel banner
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe podgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie. 

Luister na die vorige episodes: 

Show's Stories