Mevrou sit Krismis mis
Updated | By Gerda de Sousa & Dianne Broodryk
Die
Mevrouens besef Kersfees is naby, maar dit beteken nie dat hulle so heeltemal
op Kersfees is nie.
Gerda de Sousa en Dianne Broodryk besef dat daar min dae is om die Kersfees gees te vang en alles te doen wat op die prioriteits lys is. Maar tussen dié twee en die feesseisoen is daar 'n groot gat – waar 'n Kersboom veronderstel is om in goud te pronk.
In hierdie spesiale feestyd episode van Mevrou Mevrou, is dit 'n gespook en spartel om die Kersfees liggies aan die brand te kry…
Gerda se geskenke en spesiale familie-Kersfees-T-hemde is reeds bestel en afgelaai. Die de Sousa boom is opgeslaan en die liggies brand.
Sy is egter ook nog nie heeltemal in beheer van alles nie – wat vir haar ietwat onkant betrap.
Maar sy probeer ten minste.
By die Broodryks gaan daar niks aan nie.
Vir Dianne kom Kersfees 2023 net te vining, met net te veel ander klein jakkalsies wat nog krap en byt in die laaste dood skoppe van die jaar.
Hierdie Mevrou voel net nie dat sy dié seisoen gaan baas raak nie.
En sy is nou ook moeg daarvoor om voor te gee dat sy opgewonde is – nie eers die Kersfees-koekies wat Dianne elke jaar by die dosyne gebak het, gaan dié jaar gebeur nie.
Dis 'n eerste vir dié twee Mevrouens, want mens is nie veronderstel om met Kersfees te worstel nie.
Die musiek aan die begin van dié episode is: 'Deck the Halls B' deur Kevin MacLeod http://incompetech.com Creative Commons — Attribution 4.0 International — CC BY 4.0 Free Download / Stream: https://bit.ly/deck-the-halls-b Music promoted by Audio Library • Deck the Halls B – Kevin MacLeod (No ...
Mevrou Mevrou is 'n oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee 'gesoute' radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.
In hierdie eksklusiewe podgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Luister na vorige episodes:
Show's Stories
-
VOTE: What was the best Drive moment in 2024?
We've been counting down the 12 Days of Rob and Roz, and we're putting t...
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
VIDEO: Why Dolly Parton's husband has never attended events
As a veteran in the entertainment industry, the 'Jolene' singer has mana...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago