Mevrou soek krag om die toilet te trek

Mevrou soek krag om die toilet te trek

Geen Mevrou se lewe is volmaak as daar nie ten minste een keer ‘n dag oor beurtkrag gekla kan word nie.

Mevrou Episode 11
Jacaranda FM

Dit klink deesdae al hoe meer idillies om te kan lewe sonder 'n tradisionele Eskom-krag-aansluiting en om nie meer hartkloppings te hoef beleef as die nuwe beurtkrag-skedule op die buurt se WhatsApp-groepie deurkom nie.

In episode 11 van Mevrou Mevrou, vertel Gerda de Sousa van 'n lewe sonder 'n krag-aansluiting en daaglikse beurtkrag, en Dianne Broodryk erken sy soek nie krag om te stryk nie…

Ons is nou 'n nasie van baie goed ingeligtes as dit kom by alternatiewe kragbronne - van batterye en kragopwekkers tot by sonpanele en groot gasbottels.

Die voordele, die nadele en selfs die dele wat ons nie mooi verstaan nie, maar defnitief 'n opinie oor het.

Mevrou se lewe lyk nou heeltemal anders as meeste mense om haar – daar's sonpanele op die dak, batterye wat moet vol wees, groot gasbottels vir die stoof en warm water en natuurlik die altyd betroubare kragopwekker.

"Ons het nou alles behalwe Eskom."

Maar dis nie so maklik om sommer so 'n verandering te maak nie, want Eskom-krag is baie gerieflik en ja, selfs met beurtkrag.

Dis mos lekker om net die knoppie te druk.

Wat maak jy as die son nie skyn nie en dit vir drie dae lank reën?

Die son is nou nie 'n knoppie wat mens kan druk nie – die sonpanele moet laai, want Mevrou moet was en stryk en die toilet kan trek.

Wel, ten minste een van die twee, want die ander Mevrou is nie gepla oor stryk nie! 

Mevrou Banner Episode 11
Jacaranda FM

Mevrou Mevrou is 'n splinternuwe en oorspronklike Afrikaanse potgooi deur Jacaranda FM waarin twee "gesoute" radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met 'n lekker ou stoep kekkel.

Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma's wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens. 

Mevrou Mevrou channel banner
Jacaranda FM

In hierdie eksklusiewe potgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.

Hulle mag dalk op 'n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.


Luister ook na die vorige episodes: 

Show's Stories