ADAM spog met nuwe musiekvideo - kyk dit hier

ADAM spog met nuwe musiekvideo

Hugo Ludik, Reynartdt Hugo en Kyle Grant of beter beter bekend as ADAM is terug met 'n splinternuwe musiekvideo - kyk dit hieronder!

Die gewilde groep, ADAM wat pas genomineer is vir ‘n Ghoema in die kategorie BESTE ALBUM DEUR ‘N DUO OF GROEP,  het pas hulle musiekvideo van hulle nuutste enkelsnit, Iets In Die Water, vrygestel. 

LEES OOK: WATCH: Afrikaans actress releases new music video

“Die video is ‘n kombinasie van die Adam-manne wat n prettige tyd het gedurende die opname van die lied en dan is daar ‘n paar mooi dames wat rondspeel voor die kamera met balonne – dit is ‘n viering van die pragtige meisies in Suid-Afrika.” vertel Kyle.

“Suid-Afrika het al so baie skoonheidstitels verower en met al die ADAM-toere, het ons besef dat Suid-Afrika regtig die mooiste meisies het. Die enigste verduideliking hiervoor, moes wees dat daar iets in die water is,” voeg Hugo by.

'Iets in die Water ' is beskikbaar op ADAM se album, Bewe, wat in 2018 uitgereik is.

LEES OOK: Karlien van Jaarsveld terug op die verhoog van 'Aspoestertjie'    

Die 2019 kykNET Ghoema-toekennings is een van die musiekbedryf se grootste glansgeleenthede en vind vanjaar op 17 April 2019 plaas by die betowerende Sun Arena by Time Square Casino in Pretoria.

Show's Stories