Danny Smoke stel musiekvideo vir 'T-shirt' bekend
Updated | By Jacaranda FM
Sensueel
en romanties… Danny se eiland-vakansie bereik sy volgende hoofstuk met sy
musiekvideo van, T-Shirt.

Die gevoelens van ‘n nuwe liefde word uitgebeeld in die dra van ‘n eenvoudige T-shirt.
LEES OOK: WATCH: Janie Bay releases the official video for ‘Die Heelal’ featuring Early B
T-Shirt is deel van ‘n trilogie en volg op die vrystelling van Soek Jy Aandag Of Soek Jy My Lyf? wat onlangs vrygestel is. In laasgenoemde video begin Danny ‘n nuwe verhouding met ‘n beeldskone vreemdeling. Soos wat hulle paaie herhaaldelik kruis groei hulle passie en energie vir mekaar.
In T-Shirt sien ons waarheen lei al hierdie passie...
KYK DIE MUSIEKVIDEO HIERONDER:
Volgens Danny put hy die inspirasie vir sy musiek uit persoonlike ervarings en geniet hy elke oomblik wat hy op die verhoog kan wees. Omdat hy self musiek vervaardig, vind hy aanklank by die meeste genres en style. Hy het groot bewondering vir Ryan Tedder van One Republic omdat hy so veelsydig is en respekteer enigiemand wat dapper genoeg is om musiek as ’n loopbaan te kies. Verder probeer hy sover as moontlik uit musiekpolitiek uit bly en meen hy dat dit belangrik is om jou eie stem te vind en te fokus op wat jou uniek maak, omdat musiek nie ’n kompetisie is nie.
Show's Stories
-
3 fun activities for the second week of the school holiday
It's week two of the school holiday, and if you are struggling to find t...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago -
How to spend your 67 minutes on Mandela Day
On 18 July, South Africans are encouraged to spend 67 minutes donating t...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago