Deel jou troudag met Tarryn Lamb en Willem Botha
Updated | By Jacaranda FM
Wou jy nog altyd jou spesiale troudag met van ons land se voorste kunstenaars en die wêreld deel? Hier is jou kans!
Tarryn Lamb en Willem Botha se duet, Liefde Soos Die word op 14 Februarie 2020 vrygestel en díe twee sangsensasies wil hê JY moet deel daarvan wees.
LEES OOK: Tarryn Lamb releases brand new Christmas single with Theuns Jordaan
Die liedjie sal op Valentynsdag op digitale platforms vrygestel word en sal ook op Botha se album wees wat later in Februarie uitgereik word. Die sangers, wie tans in naproduksie is vir Liefde Soos Die se musiekvideo, wil hul aanhangers en hul spesiale dag betrek by die maak van die splinternuwe musiekvideo.
Aanhangers kan videos van hul troue of 'n spesiale dag aanlyn inskryf om oorweeg te word vir die musiekvideo.
Gedeeltes van die video was vroer vanjaar by De Harte trou-venue buite Pretoria opgeneem. Díe spog-venue het in September die 'Top Vendor Wedding Awards'-toekenning vir Beste Nuwe Venue Van die Jaar gewen.
Om inskrywings te vergemaklik, kan inskrywings elektronies gedoen word. Die vervaardigers van die musiekvideo sal teen die einde November die sukesvolle trouvideos kies.
Indien jy jou videos wil inskryf, klik hier.
Show's Stories
-
Rare comet visible for first time in 160,000 years
If you want to spot this incredible sight you have to be quick, and shar...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
Jamie Foxx shares what he saw during near-death experience
The actor and singer almost lost his life while working on his latest mo...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago