Dewald Wasserfall bring hulde aan oorlede ma in nuwe musiekvideo
Updated | By Jacaranda FM
Dewald Wasserfall se nuwe musiekvideo word opgedra aan elke ma, dogter, skoonma, stiefma, tannie, niggie, suster, ouma en vrou.

Wasserfall maak sy hart oop in 'n beeldskone musiekvideo vir sy nuwe liedjie, 'So sterk soos 'n vrou'.
READ ALSO: Leandie du Randt oor egskeiding: "Ek dink nie dis iets waaroor ek sal kan kom nie"
Die liedjie is 'n eerlike huldeblyk aan alle vroue en was twee weke voor Vrouemaand vrygestel. Die video is al meer as 70 000 al gekyk op Youtube en is nommer 1 op iTunes.
Die musiekvideo begin met Wasserfall wat eerlik praat oor sy ma en hoe hy haar aan die dood moes afstaan toe hy 16-jaar oud was. Die 'Eendag as ons groot is'-sanger deel ook van die grootste lesse wat sy ma vir hom geleer het; hoe om 'n wasmasjien te gebruik, en hoe om kos te maak - sonder 'n mikrogolf. Hy noem ook verder in die musiekvideo dat sy ma om geleer het om altyd goed te wees met ander mense.
Wasserfall maak ook oop oor sy vrou se onvoorwaardelike liefde.
Kyk die inspirende musiekvideo hier:
Show's Stories
-
Visit Joburg's premier indoor adventure park, Rush
Thinking of something to do that gets you feeling warm and energetic? He...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago -
The best traffic cop in Gqeberha gets a thumbs up again
Who knew that traffic cops could put smiles on motorists' faces...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago