Die Heuwels Fantasties stel musiekvideo vir 'Hardloop Weg' vry
Updated | By Jacaranda FM
Pierre Greeff vertel dat hy 'Hardloop Weg' een oggend 03h00 op sy selfoon geskryf het - kyk die musiekvideo hieronder.

Met hul nuwe album, 'Herverbeel' pak Die Heuwels Fantasties nuwe verwerkings en akoestiese weergawes van hul treffers, sowel as unieke samewerkings met verskeie kunstenaars aan.
LEES OOK: Die Heuwels Fantasties se nuwe enkelsnit “Ons moet Leef” is pas uitgereik!
Met hierdie album word gunsteling-treffers word op hul kop gedraai met verfrissende produksie-style.
Tresor, Tarryn Lamb, Laudo Liebenberg, Ampie, Die Krefies, Loki en Margot Rothman en 19-jarige Chxrl is van die bekende kunstenaars wat ook op die album verskyn. Daar is selfs ook 'n splinternuwe liedjie, 'Hardloop Weg' wat met 'n opwindende musiekvideo vrygestel is.
Die aktrise Rolanda Marais is ook in die video te sien.
LEEK OOK: Incredible flashback Friday Live performance of Die Heuwels Fantasties!
“Die skepping daarvan het gevoel soos ‘n letterlike, onwillekeurige uitvloeisel. Ek en Fred het daarna die lied eintlik baie gou aanmekaar gesit. Deur die jare kon ek op my een hand tel wanneer die skryf-proses so maklik gebeur het en gewoonlik is daai nommers nogal spesiaal. Dit voel ook, bygesê, soos ‘n lied vir hierdie tyd waarin ons nou leef. Hoop mense voel hom ook,” meen Pierre Greeff.
KYK DIE MUSIEKVIDEO HIERONDER:
Die album sal vanaf 11 Desember op digitale platforms beskikbaar wees.
Show's Stories
-
Increased vehicle jamming reported in this city
Motorists have been warned about a rise in vehicle jamming incidents in ...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
The one SA province that has almost no load reduction
Eskom has revealed that there is one South African city that experiences...
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago