Sandra Prinsloo, Nico Panagio en Rolanda Marais eersdaags in nuwe Afrikaanse sepie

Sandra Prinsloo, Nico Panagio en Rolanda Marais eersdaags in nuwe Afrikaanse blitssepie

Daar wag ’n string verrassings op kykers van die splinternuwe Afrikaanse blitssepie, Die Testament.

Rolanda Marais & Nico Panagio
Rolanda Marais & Nico Panagio / Verskaf.

‘n Superryk-gesin word deur die patriarg se skielike dood geruk. ’n Ambisieuse oudste broer, ’n vredemaker-suster en hul rebelse boetie kom saam met hul pa se jong lewensmaat bymekaar vir die lees van die testament. 

LEES OOK:  'Charmaine Meintjies' says goodbye to '7de Laan'

Dít is waarheen kykers kan uitsien wanneer Netwerk24 binnekort sy eerste aanlyn blitssepie, Die Testament begin uitsaai. 

Sterbelaaide rolverdeling

Nico Panagio speel die rol van die “volmaakte seun” Bastian. Teenoor hom speel Rolanda Marais die rol van Annchen, die sussie wat die gesin bymekaar probeer hou. Die jong opkomende akteur, Andahr Cotton, speel die rol van die laatlamboetie en musikant, terwyl Amrain Ismail-Essop die rol van Sandra Maritz vertolk, die afgestowe patriarg se lewensmaat van die afgelope vyf jaar.

Sandra Prinsloo maak ’n paar verskynings in die rol van die loan shark, Natasja Ludick. 

die testament
Die rolverdeling van 'Die Testament' / Verskaf.

Blitssepies en hoe dit werk

Die Testament sal van 2 September tot November elke weeksdag op aanlyn uitgesaai word. Intekenare kan dus vir drie maande op weeksdae na ’n episode van vyf minute kyk. 

“Al hoe meer mense begin TV-vermaak stroom en dit maak net sin dat ons dit ook as deel van ons pakket sal aanbied – in ’n blitsformaat van vyf minute per episode sodat mense dit maklik in hul dag kan inpas en enige plek op hul rekenaar of slimfoon daarna kan kyk," sê Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24.
 

LEES OOK: Brümilda van Rensburg en Annelisa Weiland spog met splinternuwe kykNET-reeks

Izelle Venter, kanaalhoof van VIA meen dat die enorme hoeveelheid televisie- en video-materiaal wat aanlyn beskikbaar is, dit kykkeuses amper moeiliker maak. "Ons wou dit vir Afrikaanse gehore makliker en lekkerder maak – hier is ’n vermaaklike storie van vyf minute elke weeksdag wat jy sommer kan kyk terwyl jy wag vir die ketel om te kook of as jy wag vir die kinders by die rugbyoefening. En met groot name op ons akteursrol soos Rolanda Marais en Nico Panagio, wie kan dit weerstaan?" 

Show's Stories