23-jarige sanger van Worcester wen 'Maak My Famous'

23-jarige sanger van Worcester wen 'Maak My Famous'

Op Donderdag was die eerste wenner van kykNET se 'Maak My Famous' aangewys!

Maak My Famous

Op Donderdagaand is die wenner van Maak My Famous tydens die regstreekse finaal op kykNET en kykNET&kie aangekondig.

Die 23-jarige Cheswyn Ruiters van Worcester is die wenner van die heel eerste Maak My Famous. 

Die aand het bestaan uit verskeie hoogtepunte. Die Maak My Famous Top 10 het weer saam opgetree en die gehoor op hul voete gehad met ‘n medley van liedjies. En wat sou die Maak My Famous finaal gewees het sonder ‘n optrede van Emo saam met die Top 4? Hul weergawe van ‘Wake Me Up Before You Go-Go’ het die gehoor behoorlik gaande gehad.

Die gaskunstenaars het ook nie terug gehou nie, met Karen Zoid wat haar trefferliedjie, ‘As Musiek Begin Speel’, opgevoer het en Belinda Davids wat nuwe betekenis gegee het aan Whitney Houston se liedjie, ‘One Moment In Time’. Kurt Darren het vermaak met ‘n medley van sy treffers.

Na al die opwinding, het die Top 10-deelnemers elkeen R10 000 in kontant, geborg deur Toyota, ontvang. Die naaswenner ontvang ook R50 000 in kontant.

Karen Meiring, M-Net Direkteur: kykNET kanale, het Bernice West en Cheswyn Ruiters aangekondig as die Top 2. Emo het in ‘n baie emosionele oomblik almal verder verras – hy neem albei saam op toer!

Emo het die moeilike taak gehad om die wenner te kies. Cheswyn Ruiters was toe uiteindelik aangekonding as die wenner van die eerste 'Maak My Famous' – Cheswyn Ruiters!

Show's Stories