EKSKLUSIEF: Pierre Nel is vuurwarm in nuwe musiekvideo vir 'Kop bo Water'
Updated | By Jacaranda FM
Kyk Pierre Nel se musiekvideo vir sy jongste enkelsnit 'Kop bo Water' hieronder.

Die musiekvideo beeld die metaforiese ontsnapping van die sorge van die wêreld uit.
Só meen Pierre Nel oor die musiekvideo wat by L’Aquila Country Estate in Bronkhorstspruit geskiet. Gedeeltes was ook geskiet op ‘n plaas in Montana.
LEES OOK: Agter die skerms - Pierre Nel se sexy nuwe musiekvideo vir 'Kop bo Water'
Nel is gebore in Witrivier, Mpumalanga en hy het onlangs gekwalifiseer as ‘n mediese dokter aan die Universiteit van Pretoria waar hy die laaste ses jaar aan-en-af aan sy musiek loopbaan gewerk het. Nel het sy liefde vir musiek ontdek toe hy op die ouderdom van 13 ‘n kitaar opgetel het, en sy eie musiek begin skryf het.
Die sexy sanger het aan Jacaranda FM vertel dat díe liedjie ’n akoestiese popliedjie is wat geskryf is om moed te kweek en mense te inspireer, veral as mens onderdruk of oorweldig voel. Volgens Nel sal die liedjie sal veral aanklank vind by die alledaagse luisteraar wat ’n vars en ritmiese positiewe wysie wil hoor.
KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:
Show's Stories
-
WATCH: Why women smell better than men
We're here to help you make 'scents' of this very interesting study!
The Drive with Rob & Roz 14 hours ago -
Find out which official 'Superman' character playlist you are!
The most recent 'Superman' release has been making waves, and people hav...
The Drive with Rob & Roz 16 hours ago