Agter die skerms - Pierre Nel se sexy nuwe musiekvideo vir 'Kop bo Water'

Agter die skerms - Pierre Nel se sexy nuwe musiekvideo vir 'Kop bo Water'

Pierre Nel stel Vrydag, 8 November sy musiekvideo vir 'Kop bo Water' bekend - en dit beloof om vuurwarm te wees.

vuur pierre nel
Supplied.

Pierre Nel het sy liefde vir musiek ontdek toe hy op die ouderdom van 13 ‘n kitaar opgetel het, en sy eie musiek begin skryf het.

LEES OOK: Musiek vs Medies: Sexy mediese dokter nóú ook musikant

Nel, 'n boorling van Mpumalanga, het onlangs gekwalifiseer as ‘n mediese dokter aan die Universiteit van Pretoria waar hy die laaste ses jaar aan-en-af aan sy musiek loopbaan gewerk het. Die sexy dokter en musikant stel Vrydag, 8 November sy musiekvideo vir 'Kop bo Water', eksklusief op Jacarandafm.com bekend.

'n Groot gedeelte van die musiekvideo was by L’Aquila Country Estate in Bronkhorstspruit geskiet. Daar was ook geskiet op ‘n plaas in Montana.

pierre nel
Supplied.

Ons het by Nel bietjie meer gaan uitvind oor die musiekvideo:

Wat kan ons verwag van die video?

"Baie water en vuur. Die musiekvideo beeld die metaforiese ontsnapping van die sorge van die wêreld uit." Pierre vertel ook dat die video geskiet was in water én op land. "Dit beloof om ’n ontploffing van beeldspraak en inspirasie te wees," voeg die sanger by.

Wat was die inspirasie vir die musiekvideo?

"Die liedjie is ’n akoestiese popliedjie wat geskryf is om moed te kweek en mense te inspireer, veral as mens onderdruk of oorweldig voel. Die liedjie sal veral byval vind by die alledaagse luisteraar wat ’n vars en ritmiese positiewe wysie wil hoor," vertel die sanger aan Jacaranda FM.

Kyk na van die agter-die-skerms oomblikke in die gallery hieronder (Fotos deur Kuhn Photography):

Die musiekvideo vir 'Kop bo Water' word ekslusief, Vrydag 8 Novemeber op Jacarandafm.com bekendgestel.

Show's Stories