Elandré oor sy groentetuin, opkomende projekte en sy 'KKNK Mothership Sessions' optrede

Elandré oor sy groentetuin, opkomende projekte en sy 'KKNK Mothership Sessions' optrede

Elandré en sy band gaan kykers wegvoer met sy treffers, asook `n paar lekker country-treffers. Ons gesels met hom oor sy 'KKNK Mothership Sessions'-optrede en toekomstige planne.

elandre
Verskaf.

Die KKNK Mothership Sessions-musiekreeks skop komende Donderdagaand af met Elandré. 

LEES OOK: KKNK bied unieke aanlyn musiekreeks aan met Emo, Karen, Elandré en kie

Die gewilde jong sanger van Despatch in die Oos-Kaap, het Suid-Afrikaners beïndruk met sy kenmerkende diep stem, sy debuutalbum "Kleindorp-dromer" en liedjies soos "Die Lyn", "Tussen die Lakens" en "Vuur op die Water." 

Elandré en sy band gaan kykers wegvoer met sy treffers, asook `n paar lekker country nommers. As jy hom nog nie op die verhoog gesien het nie, is hierdie fenomenale aanlyn vertoning, die perfekte geleentheid. 

"Verwag ‘n goeie tyd en ‘n paar terug-lê weergawes van my gunstelinge. Dit is die grootste wat my orkes nóg was. Dit was so lekker om weer saam in een kamer te wees en die energie van die musiek saam te voel. Sekere van my liedjes was nog nie vol akoesties gedoen nie, maar met die great vyf-stuk band het dit die musiek ‘n hele nuwe houding gegee," sê die sanger oor sy KKNK Mothership Sessions optrede.

Elandré het ook gesels oor sy groentetuin en sy kookvernuf in die kombuis.

Elandré het soos baie ander ook die Kook en Geniet (onder andere) ingevaar en so gekook dat die skaal eintlik skrik. Hy het onlangs sy eerste groentetuin begin en maak gereëld kos uit die tuin. "Dit is ‘n rustige plek, en dit gee ‘n mens ook stilte om melodië so tussen in te komponeer".

En hoe lyk die res van 2020 vir die sanger?

Hy word tans geïnspireer deur die gevoel van vernuwing onder  afrikaanse jongelinge en die initiatief waarmee soveel mense nou die pad vôrentoe aandurf. "Dit spoor my aan om ook pen op papier te sit. Ek is besig met ‘n paar opkomende televisie en visuele projekte wat aansluit by van my vorige albums en brug na van die musiek waaraan ek nou werk."

KKNK Mothership Sessies is 'n unieke konsertreeks wat elke week vanaf 30 Julie aanlyn beskikbaar sal wees! Dis uistaande...

Posted by KKNK on Sunday, 26 July 2020

Kry jou kaartjies

Donderdag 30 Julie om 20:00. (70 minute) Die konsert sal aanlyn beskikbaar wees vir 72 uur. Plek: In jou huis, in jou bed, in jou sitkamer, buite by die braai, op jou stoep ... net waar jy die gemaklikste is. 

Kry jou kaartjies by Webtickets: https://www.webtickets.co.za/v2/event.aspx?itemid=1502520199

Show's Stories