KYK: ADAM spog met ’n splinternuwe groeplid én musiekvideo
Updated | By Persverklaring
ADAM is terug en spog met ’n splinternuwe groeplid, Christoff de Beer en hulle nuutste goedvoel popliedjie, LIEFDE IS, se musievideo.

Aanhangers is vandeesweek behoorlik bederf met die vrystelling van LIEFDE IS se musiekvideo wat kan kersvashou by van die beste produksies daarbuite.
Volgens Kyle, die hoofsanger van die groep, sluit die musiekvideo aan by die lighartige tema van dié treffer – wat reeds oral gehoor kan word – en word liefde op die skerm uitgebeeld as ’n kleurvolle ‘neon’-partytjie.
“Die video is modern en sexy, met neonligte, mooi meisies en puik dansers,” verklap hy. “RM Productions het dit in die ateljee vervaardig en ek het die regie behartig. Ons wou graag ’n internasionale gevoel na die Afrikaanse mark bring en is baie opgewonde om ons idee met bewonderaars te deel.”

Die drie Eva’s in die musiekvideo word gespeel deur niemand anders as die ADAM’s se eie Eva’s nie! Danieka du Plessis (Hugo se verloofde), Leighré White (Stoff de Beer se meisie) en Elizca Coetzer (Kyle se vrou) het saam met Marcella Solimeo (wenner van M-Net se Dancing with the stars) en Dylon Daniels (‘n internasionale Latynse dans-kampioen), kom lyfswaai om hierdie video baie besonders te maak!
Kyk die video hier:
Show's Stories
-
Model Marciel Hopkins wys haar eersteling
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder en haar aantreklike man, Ha...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 12 hours ago -
WATCH: SA reacts to TikToker's new spin on a classic SA dish
If you are bored of eating normal pap, here is a new recipe for you to try.
The Drive with Rob & Roz 2 days, 13 hours ago