KYK: Bouwer Bosch ondersoek kultuur en tradisies in nuwe musiekvideo

KYK: Bouwer Bosch ondersoek kultuur en tradisies in nuwe musiekvideo

Bouwer Bosch verras al vir jare lank keer op keer met sy innoverende musiek-styl en met sy jongste musiekvideo poog hy om nog verder deure, met sy musiek, oop te maak.

Die liedjie, 'Liefde Love Uthandowat in Maart vanjaar deur Bosch geskryf is, spreek tot sy passie vir samehorigheid en Ubuntu.

Bosch wou 'n lied skryf wat mense herinner dat ons almal meer eenders as verskillend is. 

LEES OOK: Bouwer Bosch talks "challenging" Tropika Island of Treasure journey

"Ons lewe in ’n baie unieke land met 12 + kulture en tale. Dit veroorsaak vir baie ryk en mooi dinge in die kunste asook net vir daaglikse interaksies met ander, maar ongelukkig is daar ook kere wat ons so geheg is aan ons eie kulture, dat ons vergeet dat ons almal Suid-Afrikaners is,” het hy gesê.

Vir die liedjie het Bosch kragte met die talentvolle sangers Gazelle en Freddy L gespan - beide wie hul eie verse vir die liedjie geskryf het.

Volgens Gazelle,  is daar is `n besonderse sinergie in diversiteit, beide in die natuur en in die samelewing. “Hierdie liedjie herinner dat ons almal deel van `n groot geheel is,” voeg dié musikant by. 

Posted by Bouwer Bosch on Sunday, 23 August 2020

Ons is almal trots op ons tradisies en kulture

Bosch wou met die video wys hoe baie ons as Suid Afrikaners in gemeen het. Die musiekvideo van die liedjie sluit danstonele van `n Pantsula-groep, ’n Volkspele-groep, asook `n Xhosa-danser in. 

“Ons is almal trots op ons tradisies en kulture," sê Bosch oor die musiekvideo. 

Alhoewel dit so verskillend is, wys die lied dat die woorde in ons harte dieselfde is – en ons is daardeur eintlik onlosmaaklik aan mekaar verbind. Vir Bosch is “Liefde. Love. Uthando” is ’n metafoor van jou verhouding met jou gemeenskap, jou land, jou kultuur, jou geskiedenis en jou toekoms.  

Bouwer sê dat dit vir hom `n baie spesiale ervaring was om met dié talentvolle musikante en dansers te kon werk.

“In die moeilike tye waarin ons onsself bevind met bekgevegte op aanlyn platforms, opinies wat verskil rondom BLM, Suid Afrika se gekompliseerde geskiedenis sien ons daagliks dat om mense te polariseer het ’n geldeenheid op sy eie geword. Dit is maklik om mense teen mekaar op te vryf, maar die doel van hierdie lied en musiekvideo is juis om te wys dat daar hoop en versoening in die erkenning van mekaar se identiteite kan wees.”

Show's Stories