KYK: Die Flooze spog met nuwe musiekvideo saam Vincent Gordon

KYK: Die Flooze spog met nuwe musiekvideo saam Vincent Gordon

Sorina die Flooze en Vincent Gordon span saam om ’n lekker ligte dansliedjie te bring vir oud en jonk

Sorina Die Flooze
Verskaf

Ons ken die tikkende sekondes van tyd maar te goed. Tiektok loop dit uit, ongeag die verlies van ‘n geliefde, ’n vrolike viering saam familie of ’n wêreledwye pandemie. Maar tyd het ons elkeen, elke dag, dieselfde hoeveelheid. Gebruik jy dit ten volle?, vra die enkelsnit, 'TIEKTOK'. 

Sorina die Flooze en Vincent Gordon span saam om ’n lekker ligte dansliedjie te bring vir oud en jonk. Die unieke Afrikaanse enkelsnit met ’n tydlose ritme, bring ’n dieper boodskap oor die belang van tyd, maar dat ons ook tyd moet maak vir pret en plesier.

“Dit gaan oor tiek-tok-tyd, want die horlosie staan vir niemand stil nie en daarom moet mens die beste van elke sekonde maak omdat elke oomblik belangrik is”, vertel Sorina oor 'TIEKTOK'. 

Die afgelope paar weke van die grendeltyd besef mens die waarde van tyd net nog dieper.

Vir party het die tyd gevlieg en vir ander het dit stil gestaan. Vele dinge het ons tyd gesteel. Tog tik die tyd voort en het ons almal elke dag die keuse om die beste te maak van die tyd wat vir ons beskikbaar is. “Mense sal net lekker lyf kan skud op die nommer, die woorde is catchy en word positief oorgedra”, vertel Vincent oor sy verwagting van die publiek se reaksie. 

'TIEKTOK' is geskryf deur Waldo Greeff en Sorina AKA die Flooze en vervaardig deur Ferdinand Skead. “Ons het klomp elemente en aspekte van tyd gevat en onsself in die ratwerk van ’n horlosie geplaas om seker te maak dat mens met elke sekonde voluit lewe”, sê die Flooze. Die lirieke het alles met tyd te make wat dit van toepassing maak op alle ouderdomme. 

Daar is ook ’n prettige musiekvideo wat saam die enkelsnit vrygestel word. “Die konsep van die musiekvideo is om te wys hoe vinnig tyd verloop”, vertel Vincent. Elke tydsaspek van ’n jaar, soos seisoene, vakansies en gebeure, speel af teen tyd binne die ratwerk van ’n horlosie wat in die vorm van ’n doolhof aanmekaar gesit is.

Flooze verduidelik die musiekvideo as ’n videospeletjie met ‘n tyd limiet en ek en Vincent is die karakters wat die jaar binne ’n sekere tyd moet klaarmaak. Luther van der Watt en sy span van Yellow Lemon Media en AVC Studios het die video geskiet en vervaardig. Weens die inperking moes die span kreatiwiteit aan die dag lê om dansers in die video te inkorporeer. 

Een gedeelte van die video speel af in ’n dwalende doolhof en is geskiet by die De Harte Venue. Die ander gedeelte is voor ‘n groenskerm geneem waar ’n tegeniek gebruik was om Vincent en Flooze,  in verskillende skote op dieselfde skerm te plaas. Waldo Greeff en sy span het wonderlike werk gedoen om die regte beeld en gevoel op die stel te skep ter afronding.

 Die enkelsnit is lighartig, tydig en beslis iets wat deur almal geniet sal kan word. Met Vincent se cool styl en die lekker ritme, asook die Flooze se prettige persoonlikheid is daar beslis ook ‘n unieke dansie in die mengsel, spesiaal vir die tjommies – oud en jonk – om net lekker litte te skud.

Kyk hier na die musiekvideo: 

Show's Stories