KYK: Emma Ellis wil musiekliefhebbers bemoedig met haar musiek

KYK: Emma Ellis wil musiekliefhebbers bemoedig met haar musiek

Emma Ellis blaas gereeld gehore weg met haar ongelooflike stem en die diepte in haar vertonings. Nou spog dié voormalige The Voice-deelnemer ook met ’n splinternuwe enkelsnit wat sy haar eie gemaak het.

emma ellis
Su

Emma se verwerking van Mooi het vir dié treffer ’n nuwe, vars baadjie aangetrek. 

LEES OOK: HANCO releases lyric video for his new single 'Echo'


“Ek het besluit om Mooi van Elvis Blue op te neem want persoonlik is dit een van my gunsteling liedjies met ’n positiewe boodskap - iets wat ons almal nou nodig het in dié tyd wat die COVID- 19 soos ’n sluipmoordenaar in die nag ons lewens kom omdolwe het,” het Emma gesê. 


“Ek wil graag met dié liedjie weer aan mense beklemtoon hoeveel ons het om voor dankbaar te wees - maak nie saak in watter posisie jy is nie, jy is altyd beter af as iemand anders,” het sy vertel. 


“Ek sou ook graag ’n musiekvideo vir Mooi wou doen, maar dis nie nou moontlik nie,” het sy gesê. 

Musiekliefhebbers het Emma op The Voice leer ken nadat Karen Zoid hand opgesteek het om haar mentor te wees. Dit was ’n oomblik wat niemand sal vergeet nie - Emma was so oorstelp nadat Karen omgedraai het, dat sy die woorde van haar liedjie vergeet het. Karen het geen uitnodiging nodig gehad nie - sy het dadelik op die verhoog gegaan om Emma by te staan en al die mentors (wat op daardie stadium Bobby van Jaarsveld, Lira en Kahn Morbee was) het omgedraai om Emma se mentors te wees. 


KYK:

Behalwe vir haar deelname aan The Voice is daar verskeie hoogtepunte in haar loopbaan waaraan sy kan terugdink. 

“Ek het ’n verhoog met Karen Zoid by die Atterburty Teater gedeel en was bevoorreg om drie van my eie liedjies, én Mooi, by die Van Coke-ateljees op te neem” het sy vertel. 

Emma is tans besig met Maak My Famous en het ook die Top 48 gehaal. Dié nuwe seisoen van Maak My Famous het pas (Woensdag, 29 April) weer op kykNET afgeskop. 

“My grootste inspirasie vir die musiek wat ek skryf is om mense te bemoedig en ek wil hê my musiek moet hulle laat besef hulle is nié alleen is moeilik tye nié. En die belangrikste - dit raak altyd beter,” het Emma gesê. 

Show's Stories