KYK: Janie Bay stel emosionele nuwe enkelsnit 'Jammer' bekend

KYK: Janie Bay stel emosionele nuwe enkelsnit 'Jammer' bekend

Die gewilde sangeres Janie Bay se nuwe enkelsnit is pas bekendgestel en die musiekvideo is 'n moet-kyk.

janie baay
Janie Bay / Fotokrediet: Henry Marsh.

Sedert 2019 het Janie Bay reeds meer as `n miljoen keer op digitale platforms gestroom - haar jongste enkelsnit beloof om nog meer luisteraars te lok.

LEES OOK: MOET-LUISTER: Nuwe enkelsnit 'Die Heelal' met Janie Bay en Early B pas uitgereik

Janie Bay vertel dat hierdie gevoelvolle liedjie letterlik binne 10 minute op papier beland het: Sy het vir `n paar weke rondgeloop met `n baie sterk emosie en toe sy uitendelik gaan sit om dit neer te skryf, het dit baie vinnig gebeur. 

Bay vertel verder dat "Jammer" 'n woord is wat elkeen van ons al wou sê of gesê het. "Ek het 'Jammer' geskryf vir iemand wie ek seer gemaak het. Met hierdie liedjie en ook die video, deel ek my gevoelens oop en bloot. Dit is nooit te laat om jammer te sê nie. Ek het ook met die skrywe daarvan al geweet dat hierdie my volgende enkelsnit moet wees," voeg die sanger by. 

Die produksie van “Jammer” is deur Ewald Janse van Rensburg en Dolf Willemse by Popkult behartig. Janie vertel dat dit fynwerk gekos het om die liedjie klaar op te neem voordat die staat van inperking begin het: "Ek het 'n paar dae voor ons president ons lockdown aangekondig het deurgery Potchefstroom toe om binne 2ure die vocals vir "Jammer" op te neem. Terselfdetyd moes ek ook aan `n musiekvideo dink." 

"Ek het met die talentvolle fotograaf Henry Marsh gereël om nog betyds `n musiekvideo te kan maak. Hy het ingstem om dit saam met my op kort kennisgewing te doen. Die opneem vd liedjie en die maak van die video het alles so blitsvinnig gebeur." 

KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:

Show's Stories