KYK: Rita Li stel musiekvideo vir nuwe enkelsnit, iemand anders, bekend!
Updated | By Press release
RITA LI se splinternuwe enkelsnit, Iemand Anders is slegs twee weke gelede bekendgestel en dié Afrikaanse popliedjie word reeds ongelooflik goed deur luisteraars en radiostasies landswyd ontvang.

Iemand Anders is geskryf deur Dewald Wasserfall en Danny Smoke en gaan oor ’n liefdesdriehoek en al die emosies en worsteling wat daarmee gepaard gaan.
Die enkelsnit se musiekvideo word nou uitgereik en is vervaardig deur Christiaan Wolf van BrickWolf Creatives. Die tonele is verfilm by die geheimsinnige Kasteel in die Ooste van Pretoria.
Dit sluit puik toneelspel deur RITA LI self en die bekende akteur Marno van der Merwe in. “Die storie is gebasseer op die oomblikke wanneer ons in ons gedagtewêreld dink iets of iemand anders is beter as wat ons tans het. Ons droom en fantaseer daaroor, maar die besluit lê in jou eie hande; stap jy in hierdie driehoek in of stap jy weg? Die karakters stap in die straat verby mekaar en hulle oë ontmoet. Dan wonder en fantaseer elkeen oor die moontlikhede van ’n verhouding. Op die ou einde stap hulle net verby mekaar en dis verby voordat dit begin het,” verklap sy.
Iemand Anders is die eerste vrystelling vanaf haar komende album, ROEKELOOS VERLIEF, wat op 9 April 2021 bekendgestel sal word en groot dinge word vir hierdie enkelsnit en opkomende album voorspel waarvan die produksie deur die gesoute vervaardiger Murray Lubbe hanteer is.
Kyk die video hier:
Show's Stories
-
VIDEO: Dricus du Plessis teaches Aussie pranksters a lesson
You do not want to pick a fight with a UFC champion!
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
Air pollution fuels lung cancer among non-smokers: study
Air pollution is fuelling a rise in the commonest form of lung cancer am...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago