Martin Bester se nuwe musiekvideo is hier!

Martin Bester se nuwe musiekvideo is hier!

Martin Bester het geen bekendstelling nodig nie.  Van ‘n bekroonde radio-omroeper, televisieaanbieder, akteur en seremoniemeester tot ‘n volwaardige musikant in murg en been. Die musiekvideo van sy nuutste enkelsnit, Ek het Geweet, is pas vrygestel en is ‘n ware spieëlbeeld van wie Martin is.

martin ek het geweet
Supplied

EK HET GEWEET is een van daardie liedjies wat jou voete laat jeuk om te dans, met ’n wysie wat onmiddellik in jou kop kom vassteek en jou uitnooi om lekker saam te sing. “Die video is in die middestad van Pretoria geskiet. Die video is eerlik, onopgesmik, rou en energiek. 


Die sentrale tema is die weerspieling van my lewendige optredes wat ongelooflik belangrik en deel van my is. Dit is vir my belangrik dat die video nie te ‘skoon’ was nie, want die liedjie gaan oor emosies en ons wou daardie gevoel vasvang en oordra. Ons het ‘n baie groot drone gebruik om als vas te vang - mens kry die gevoel dat daar wel hartseer is ja, maar defnitief gevolg met hoop,” vertel Martin.


Martin se inpirasie vir sy liedjies kom van alledaagse dinge. “Partykeer tref ’n idee my as ek na die wolke kyk of hoe die wind op ’n stofpad waai. Die afgelope paar maande het ek baie geskryf soos wat goed gebeur het,” voeg Martin by.

 

ALSO WATCH: Goodluck give Troye Sivan's 'My My My' a special makeover

 

Die musiekbedryf het vir Martin Bester geleer dat dit belangrik is om net jouself te wees, al vat dit mense langer om jou te verstaan, maar gelukkig het hy dit reggekry om sommer uit die staanspoor die harte en ore van die publiek te verower.

Show's Stories