MOET-KYK: Leah se emosionele musiekvideo vir 'Kyk Na My'
Updated | By Jacaranda FM
'Kyk Na My' is 'n eerlike ballade wat deur Johan Vorster en Karen Zoid geskryf is. Kyk die musiekvideo hieronder.

Leah se jongste musiekvideo vir haar liedjie, 'Kyk Na My' is 'n emosionele huldeblyk aan enige iemand wie al 'n laagtepunt in hul lewe ervaar het.
LEES OOK: Beeldskone weergawe van 'Toe Vind Ek Jou' vir nuwe 'Fiela Se Kind' fliek
Die liedjie plaas 'n soeklig op hoe mens soms kwesbaar voel, maar dit dra ook 'n groot boodskap van hoop. "Daar is geen skaamte om 'n laagtepunt te ervaar nie en dan vir hulp uit te reik nie." Die musiekvideo is deur Daniel Rademeyer en Jannes Erasmus vervaardig.
Die lirieke is rou en eerlik- Leah
Leah noem verder dat sy die liedjie wou opneem aangesien sy self baie moeilike tye in haar lewe al ervaar het. "Kwesbaarheid is deel van mens-wees en ek dink almal was al daar. Karen en Johan het hierdie konsep gebruik om die liedjie iets te maak waarby almal sal kan aanklank vind," voeg die 'Met Jou Klere Aan'-sanger by.
Show's Stories
-
Study shows employees using new trend to avoid management roles
Hustle culture and girlbossing are so 2017.
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
South African intersection named one of the 'Most Stressful' in the world
You'll never guess which proudly South African intersection made the lis...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago