MOET-KYK: Leah se emosionele musiekvideo vir 'Kyk Na My'

MOET-KYK: Leah se emosionele musiekvideo vir 'Kyk Na My'

'Kyk Na My' is 'n eerlike ballade wat deur Johan Vorster en Karen Zoid geskryf is. Kyk die musiekvideo hieronder.

leah musiekvideo
Skermgreep 'Kyk Na My' musiekvideo / Youtube.

Leah se jongste musiekvideo vir haar liedjie, 'Kyk Na My' is 'n emosionele huldeblyk aan enige iemand wie al 'n laagtepunt in hul lewe ervaar het.

LEES OOK: Beeldskone weergawe van 'Toe Vind Ek Jou' vir nuwe 'Fiela Se Kind' fliek

Die liedjie plaas 'n soeklig op hoe mens soms kwesbaar voel, maar dit dra ook 'n groot boodskap van hoop. "Daar is geen skaamte om 'n laagtepunt te ervaar nie en dan vir hulp uit te reik nie." Die musiekvideo is deur Daniel Rademeyer en Jannes Erasmus vervaardig.

Leah noem verder dat sy die liedjie wou opneem aangesien sy self baie moeilike tye in haar lewe al ervaar het. "Kwesbaarheid is deel van mens-wees en ek dink almal was al daar. Karen en Johan het hierdie konsep gebruik om die liedjie iets te maak waarby almal sal kan aanklank vind," voeg die 'Met Jou Klere Aan'-sanger by.

Show's Stories