MUSIEKVIDEO: Christia Visser, Elandré, Brendan Peyper, and Refentse se 'Ons Maak Saak'

MUSIEKVIDEO: Christia Visser, Elandré, Brendan Peyper & Refentse se 'Ons Maak Saak'

Die lang wag is verby - kyk die sterbelaaide musiekvideo hieronder!

Christia visser
Christia Visser / Youtube.

Elandré, Christia Visser, Refentse en Brendan Peyper het hul solo-loopbane tydelik opsy geskuif om saam ’n liedjie van hoop vir Suid-Afrika te sing.

LEES OOK: 'Daaglikse Deuntjie-fees' on Breakfast with Martin Bester

Die liedjie “Ons Maak Saak” is deur Elandré en Niel Schoombee geskryf en is eksklusief in November op Breakfast With Martin Bester bekend gestel, waar al vier hierdie sterre in die ateljee kom kuier het. Kyk na hul optredes hier.

“Die boodskap in hierdie liedjie deel in die optimisme wat baie van ons mede-Suid-Afrikaners tans voel,” sê Elandré. "Jongmense is besig om die vakkel te neem en hul plekke as leiers en baanbrekers in te neem. Die ongehoorde stemme sê hul sê en vier hul verskille."

Visser sê “dit gaan oor individualiteit, om bo jou omstandighede uit te styg, om mekaar te aanvaar en te ondersteun, en om ook deur jou sukses vir ander ’n pad te berei”.

Die groep is deur Schoombee byeengebring juis omdat hulle volgens Elandré “ewe verskillend, tog ewe bereid (is) om vooruit te streef” – ook omdat hulle “al op vele geleenthede agter die skerms saam om die kitaar gesit” het. 

LEES OOK: Brendan Peyper's 'Sterk soos 'n leeu' music video is out!

Dit was belangrik vir hulle om dié liedjie te sing en dit saam te doen, sê Visser.

Elandré las by dit was “nie net goed om by ’n oorspronklike Afrikaanse projek betrokke te kan wees nie, maar ook om vir elkeen te herinner dat hulle saak maak in die verskeie hoeke van ons land. Die strewe en harde werk van elkeen is die moeite werd – vir jouself én dié om jou.”

KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:

Hoewel die kwartet weens uitmergelende skedules nie die liedjie saam kon opneem nie, beplan hulle wel om dit tog saam op verhoeë landwyd op te voer. 

Die sangers sê hulle het nié ’n nuwe sanggroep gevorm nie.

“Dit (die samewerking) is eenmalig,” sê Visser. “Ek dink ons is elkeen so sterk as individuele kunstenaars en ons vertel ons eie stories. Ek sal beslis weer saam met hulle wil werk – dis hoe ons saam groei.”

Elandré stem saam. “Dit is nie elke dag wat ’n mens met soveel gedrewe kunstenaars op een slag kan kuier in ’n studio nie, maar ek is so bly ons kon dit laat werk. ’n Sanggroep is nog nie in die vooruitsigte nie maar ons vind beslis aanklank bymekaar se werk en persoonlikhede.

Show's Stories