MUSIEKVIDEO: Met sy nuwe enkelsnit 'If You Get Corona' pleit Pierre Nel vir verantwoordelike optrede

MUSIEKVIDEO: Met sy nuwe enkelsnit 'If You Get Corona' pleit Pierre Nel vir verantwoordelike optrede

'If You Get Corona' is geskryf om mense se oë oop te maak vir die erns van die situasie - kyk Pierre Nel se musiekvideo hieronder.

Pierre Nel
Supplied.

Pierre Nel se nuwe enkelsnit, 'If You Get Corona', is in lyn met die pandemie waarin Suid-Afrika - en die res van die wêreld - hulself tans bevind en met dié country-pop oorwurm pleit hy dat almal verantwoordelik sal optree. 

Hy beklemtoon ook die feit dat die toekoms en voortbestaan van die mensdom nou op elkeen se skouers rus.

LEES OOK: Doctor Pierre Nel tests Rian van Heerden for coronavirus

'If You Get Corona' is geskryf om mense se oë oop te maak vir die erns van die situasie en ek hoop dat dié liedjie ook sal bydra om ons as ’n nasie te verenig in hierdie tyd van isolasie,” het dié dokter en sanger verduidelik.

“Nadat ek self ook die erns van die COVID-19-situasie besef het, het ek ook besef dat daar nou ’n dringende behoefte bestaan vir mense om saam te werk,” het hy gesê.

In die liedjie word die Corona-virus verduidelik en die luisteraar word die vraag gevra of hy of sy met die onus op hul skouers wil loop dat hulle dalk - deur onverantwoordelike optrede - iemand anders kan aansteek en moontlik vir hul dood verantwoordelik wees. 

Die musiekvideo is reeds verfilm en vertel die storie van twee persone wat mekaar motiveer om hande te was en self te isoleer. As hulle hulself in die buitewêreld bevind tree hulle dan op as Infeksiebeheer Polisie. 

Kyk die musiekvideo hier:

Show's Stories